20 jaar gelede
Maandag 17 September 2001
- Die sosiale hoogtepunt en afsluiting van 12 jaar op die skoolbanke het Vrydagaand vir die matrikulante van die Hoërskool Academia byna in ’n nagmerrie ontaard.
- Terwyl pres. George Bush van Amerika internasionale ondersteuning opbou vir aanvalle op terroriste-basisse en lande waar dit gehuisves word, gaan Pakistan vandag druk op Afghanistan uitoefen om die hoofverdagte, Osama bin Laden, uit te lewer.
- Die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste moes verlede week sy trots in sy sak steek en terugkrabbel op die sogenaamde “beste begroting in die geskiedenis van die ministerie” en bykomende geld vir die voorkoming en behandeling van malaria vra.
Dinsdag 18 September 2001
- Die hoofstruikelblok vir die suksesvolle implementering van Namibië se grondhervormingsprogram is ’n tekort aan professionele vermoëns en geld om genoeg grond vir grondloses op te koop.
- Sedert die middel tagtigerjare was reën dié tyd van die jaar abnormaal, maar met ’n bolugstelsel wat oor die land beweeg, kan nog neerslae tot môre verwag word.
- Air Namibia se Boeing 747 Combe is gister vir die tweede keer vanjaar in Europa tot stilstand gedwing deurdat grondbeheerpersoneellede skade aan die vlagskip van die nasionale lugredery aangerig het.
Woensdag 19 September 2001
- Die Namibiese Regering het hom gister op die hoogste vlak geskaar aan die kant van internasionale pogings om terrorisme uit te wis en van die wêreld ’n veiliger blyplek te maak.
- Die ontsporing van ’n goederetrein naby Omaruru het gister omstreeks 06:40 tot skade van etlike duisende dollars vir die nasionale vervoerkorporasie, Transnamib, gelei.
- Afghanistan se regerende Taliban-beweging het gister ’n “heilige oorlog” teen Amerika aangekondig.
Donderdag 20 September 2001
- Plakkers in Namibiese natuurreservate wat drank smokkel en toeristegeriewe misbruik, is ’n kopseer vir Namibia Wildlife Resorts (NWR) se bestuur, wat vrees besoekers sal verjaag word.
- ’n Klein seuntjie van Omaruru is deur vier honde teen ’n veldnag vol ontberings beskerm, terwyl ’n vyfde werfhondjie aan soekgeselskappe ’n sterk aanduiding gegee het van die rigting waarin die kind verdwaal het.
- ’n Manlike Duitse burger en vier Namibiërs verskyn vandag in die Windhoekse landdroshof in verband met die diefstal van nog ’n stuk meteoriet, een van die stad se hooftoeriste-aantreklikhede.
Vrydag 21 September 2001
- Operasie Infinite Justice. Só staan die Amerikaanse sending om die skuldiges van die aanvalle op Amerika se ekonomiese en verdedigingshart uit te wis bekend.
- Gewoonte-verkeersoortreders wat die afgelope sowat twee jaar versuim het om parkeerboetes te betaal, gaan in die volgende weke vasgevat word.
- Die 13 vermeende Caprivi-afstigtingsrebelle in Botswana gaan aan Namibië uitgelewer word om op aanklag van hoogverraad en nog 274 aanklagte tereg te staan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie