20 JAAR GELEDE
MAANDAG 7 JULIE 1997
• Die rebelle-vakbond vir voedsel en verwante bedrywe, NAFAU, en sy leier mnr. Alois Jon staar vanoggend kriminele vervolging in die gesig nadat minstens drie personeellede van Meatco, onder wie 'n weerlose vrou, Vrydag ernstig aangerand is.
• Die president van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), mnr. Laurent Désiré Kabila, is vandag en môre amptelik op besoek aan Namibië.
DINSDAG 8 JULIE 1997
• Die staking deur fabriekswerkers van die vakbond vir groot – en kleinhandelbedrywe, die NWRWU, by Meatco se vleisverwerkingsaanleg in Windhoek is beëindig nadat 'n skikking oor salarisaanpassings van tot so hoog as 44 persent skynbaar bereik is.
• 'n Gruwelike voorval van menseskending het hom gister naby Oshakati afgespeel toe 'n verslaggewer van die Republikein en verteenwoordiger van die maandblad, Onyika/Laterna, deur 'n groep oproerige PLAN-lede “gevange” geneem en as 'n gyselaar aangehou is.
WOENSDAG 9 JULIE 1997
• Die woordestryd rondom die sluiting van die Namibiese grens met Angola in die Kavangostreek en gruwelike menseregteskendings woed voort. Ernstige beweringe word nou gemaak oor die bedrywighede van 'n Angolese “derde mag” op Namibiese grondgebied en met die volle medewete van Namibiese owerheid.
DONDERDAG 10 JULIE 1997
• Teen Februarie in die jaar 2000 sal Namibiërs waarskynlik ontsoute seewater kan drink. Dit is nou as alles voor die wind gaan met 'n ambisieuse plan van die regering om die waternood in veral die sentraal Namibstreek te verlig.
• 'n Eerste presidensiële dekreet sedert onafhanklikwording het 'n streep deur die vlaag van onwettige massa-protesaksies, waaronder betogings en stakings, in Namibië getrek.
VRYDAG 11 JULIE 1997
• Die twee vennote in Swakopmund se Stasiehotel, TransNamib en Stocks & Stocks, is in 'n ernstige dispuut gewikkel wat afstuur op 'n unieke regsgeding wat uiteindelik kan lei tot die ontbinding van 'n Swapo/Swapo-vennootskap.
• Alle regsmasjinerie is sedert gistermiddag in werking om in ooreenstemming met die grondwet regsgesag aan die omstrede presidensiële dekreet teen protesaksies te gee.
• Jorkel, 'n Dorperram van meneer Hoecus van Niekerk, het gister op Uhlenhorst op 'n Agra-veiling op alle Namibiese rekords verbeter toe dit vir N$72 000 verkoop is.
SONDAG 13 JULIE 1997
• 'n Griepvirus wat blykbaar die hartspier aantas het Windhoekers in 'n tydperk van 10 dae teen meer as een per dag laat sterf. Minstens 11 mense is dood en spreekkamers van algemene praktisyns is deur siekes oorval.
• Die besluit van die kabinet dat rook van Dinsdag in alle regerings- en munisipale geboue en openbare plekke verbode is, kan nie sonder wetgewing afgedwing word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie