20 jaar gelede
Maandag 14 Februarie 2000
• Nog 'n landmyn is Vrydagmiddag sowat 12 km van Bagani by Buffalo uit die teerpad gelig en minstens twee sake-ondernemings in die Noorde het reeds hul werknemers opdrag gegee om eerder te vlieg wanneer hulle vir sakeverpligtinge tussen Katima Mulilo en Rundu moet pendel as om van die Trans-Caprivi-hoofweg gebruik te maak.
• Die toetsterrein vir motorvoertuie van die Ministerie van Werke, Vervoer en Kommunikasie, huiwer op die rand van chaos.
• Die kooptransaksie van die gesluite TCL-myne het verlede week nog 'n belangrike tree nader aan verwerkliking gegee toe 'n Namibiese konsortium sy finale voorlegging met sy regsverteenwoordigers uitgeklaar het.
Dinsdag 15 Februarie 2000
• Die president van die Namibiese Raad van Kerke (CCN), eerwaarde Frederick Stanley, het hom bereid verklaar om as vredemaker in die Angolese oorlog op te tree.
• Terwyl Suid-Afrika in 'n kombers van landsreën toegewikkel is, is Namibië se aandag besig om te verskuif na die magtige Oranjerivier wat binne die komende week sy vlak met sowat vyf meter kan verhoog.
• Een van Namibië se kleurrykste politieke figure, mnr. Leonard J. (Barney) Barnes, is Saterdagaand na 'n kort siekbed in 'n Kaapstadse hospitaal in die ouderdom van 66 jaar oorlede.
Woensdag 16 Februarie 2000
• Deurdringende neerslae van tot 130 mm in sekere gebiede het oor die sentrale hoogland en die omgewing van Otjiwarongo voorgekom terwyl stortreën in Suid-Afrika en Botswana Namibiese sportplanne ontwrig het.
• Op Rehoboth lê mense sedert Saterdag in verkeerde grafte terwyl 'n stryd woed oor hoe en wanneer die dooies in hul regte rusplekke gaan kom.
Donderdag 17 Februarie 2000
• Unita se landmyn-oorlogvoering het sy eerste slagoffer op Namibiese grondgebied geëis toe 'n lid van die Angolese weermag (FAA) Dinsdagoggend dood en nog ses ernstig beseer is toe hul vragmotor 'n landmyn afgetrap het.
• Internasionale waarnemers sê hulle het bewyse van ernstige menseregteskendings in Namibië gevind ná die Namibiese regering laat in verlede jaar besluit het om hulp in Angola in sy stryd teen Unita te verleen.
• Die bykomende verdedigingsbegroting van N$172,7 miljoen is gister as gevolg van die Swapo-meerderheidstem deur die Nasionale Vergadering (NV) aanvaar.
Vrydag 18 Februarie 2000
• Minstens drie Namibiërs is verkool nadat Unita-rebelle hulle beroof, in hul hutte vasgebind en lewend aan die brand gesteek het.
• Die uurglas loop leeg. En die koors loop hoog! Hoekom? Want daar is net een week oor voor die heel eerste kunstefees in Namibië.
• Die heraanstelling van Rehoboth se stadsklerk het 'n tweesnydende swaard geword.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie