20 Jaar Gelede
Maandag 1 Junie 1998
• 'n Dringende interdik teen die Windhoekse munisipaliteit kan moontlik binnekort in die Hoërhof dien om te verhoed dat voortgegaan word met die herstrukturering van dié instansie.
• 'n Gebrek aan fondse vir onderhoudswerk aan die polisiekantoor op Walvisbaai, wat reeds vir 'n paar jaar agterweë gelaat moes word, het nou daartoe aanleiding gegee dat die toestand van dié gebou só agteruitgegaan het dat stukke van die betonstruktuur begin losbreek het en 'n ernstige gevaar vir mense inhou.
Dinsdag 2 Junie 1998
• Die Namibiese regering is ondanks 'n Kabinetskommeling en 'n verdeling van die Onderwys-, Jeug-, Kultuur- en Sportfunksies in die onderwysstelsel met sy rug teen die muur.
• Die langverwagte wetgewing rondom regstellende aksie is een van die wetsontwerpe wat met die komende sitting van die Nasionale Vergadering (NV) ná meer as agt jaar van onafhanklikheid ter tafel gelê gaan word.
• Die volstruisverslagtingsaanleg, Ostraco, net buite Mariental is in die mark.
Woensdag 3 Junie 1998
• Die uitslae van die eerste altesaam drie gangbaarheidstudies oor die vestiging van 'n kragsentrale naby Oranjemund, die oopstel van dié diamantdorp vir vrye beweging en 'n omgewingstudie word in September verwag. Al drie studies vorm deel van die bedrywighede rondom die moontlike ontwikkeling van die Kudugasvelde wat sowat 125 kilometer reg wes van Oranjemund in die Atlantiese Oseaan geleë is.
• Ingrypende wysigings aan die Wet op die Verbod van Rassediskriminasie van 1991 dien Vrydag in die Parlement.
Donderdag 4 Junie 1998
• Die vervulling van een van die uitstaande bepalinge van die Grondwet het gister gepaardgegaan met 'n ernstige waarskuwing dat dit nie tot etniese verdeeldheid in die land mag lei nie.
• Namibië is steeds een van die lande met die gunstigste beleggingsomgewings in Afrika, maar onlangse gebeurde soos verhoogde belastingkoerse en die sluiting van TCL se myne hou 'n moontlike bedreiging in vir dié status.
• Sinlose vandalisme aan die Rehoboth-substasie van NamPower, wat Maandag tydens 'n ondersoek vasgestel is, hou ernstige lewensgevaar vir die publiek in.
Vrydag 5 Junie 1998
• Kitsgeregtigheid as voorbeeld vir Namibië het twee boewe gister binne 24 uur vyf jaar agter die tralies besorg.
• 'n Spesiale boodskap van medelye oor die Duitse treinramp is deur pres. Sam Nujoma aan sy Duitse ampsgenoot, dr. Roman Hertzog, gestuur.
• Inwoners van Okahandja is op die oorlogspad oor wat hulle beskou as tekens van algehele verval om hulle en 'n gebrek aan pligsbesef of verantwoordelikheid van die owerhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie