20 Jaar Gelede
Maandag 27 Julie 1998
• Die Angolese konflik sal op die Tweede Suider-Afrika Internasionale Dialoog oor Slim Vennootskappe (SAID '90), deur Afrika-staatshoofde op die agenda geplaas word.
• 'n Ondersoek na die beweerde onreëlmatige onttrekking van miljoene dollars uit die voorsorg- en pensioenfonds van voormalige TCL-werknemers gaan geloods word.
• 'n Ekonomiese terugslag en ernstige verleentheid jaag teen die Regering aan weens 'n dooiepunt en aggressiewe arbeidsoptrede van stakers van die Natau-vakbond by die hawens op Walvisbaai en Lüderitz.
Dinsdag 28 Julie 1998
• Die stakingsdrama by Namibië se hawens is gistermiddag ná vier angsvolle dae beëindig.
• Midde 'n greep van groter arbeidsonrus, nywerheidsoptrede en die stakings by verskeie ondernemings in Namibië se grootste en belangrikste hawedorp, Walvisbaai, het die Namibiese staatshoof, pres. Sam Nujoma, 'n passievolle pleidooi vir samewerking en die sluit van slim vennootskappe tussen die owerheid, die private sektor en georganiseerde arbeid gedoen.
• Die voertuigkrisis in die Namibiese Polisie wat vir jare voorgehou word as een van die hoofoorsake van die swak openbare beeld van die mag, het uiteindelik op die Regering se prioriteitslys beland.
Woensdag 29 Julie 1998
• Die Amerikaanse sanger Stevie Wonder het sy besoek aan Namibië geweldig geniet en was verheug om deur die President, Eerste Minister en Kabinet ontvang te word.
• Twee Namibiërs wat in die Botswana/Caprivi-grensgebied doodgeskiet is, is vanoggend met die aanvang van die staatsbesoek van President Festus Mogae van Botswana nog 'n struikelblok in die reeds ongemaklike en by tye ook spannende betrekkinge wat tussen Namibië en sy buurland heers.
• Konflik tussen sommige Oshiwambo-stamme in die Noorde is aan die toeneem.
Donderdag 30 Julie 1998
• Meer as tweehonderd voortvlugtige Angolese het gister die Namibiese grens in Okavango oorgesteek te midde berigte van 'n MPLA-offensief teen Unita.
• Die Staatshoofde van Namibië en Botswana het verklaar hulle sal nie terugsit en toekyk hoe Angola in 'n hernieude burgeroorlog verval nie.
• Groot teleurstelling en geldelike verliese is gely deur maatskappye wat op die Home and Expo goedere moet uitstal waarvan die aflewering vir etlike dae deur die Namport-staking vertraag is.
Vrydag 31 Julie 1998
• Politieke en diplomatieke betrekkinge tussen Namibië en Botswana is steeds op 'n gesonde vlak.
• Die vakbond-sambreelliggaam, die NUNW, gaan versoeke vir die verdere uitstel van die likwidasie-proses van Gold Fields se TCL-myne teenstaan weens “ernstige onreëlmatighede”.
• Die visbedryf is gister tot in sy fondamente geskud met vakbond-beweringe van grootskaalse korrupsie en nepotisme.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie