20 jaar gelede
Maandag 15 Mei 2000
- Namibië is die res van Suider-Afrika ver voor wat die hantering van die grondkwessie betref en lande soos Suid-Afrika en Zimbabwe sal baat vind om by Namibië te kom kers opsteek oor hoe die kwessie vreedsaam en doeltreffend opgelos kan word.
- Namibiërs, en in besonder die landbousektor, gaan Dinsdag om middernag vir die tweede keer binne ’n maand steier weens ’n brandstof-prysverhoging wanneer petrol en diesel met drie present duurder word.
- Geweld in Zimbabwe, die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) en Sierra Leone het veroorsaak dat Afrika die nuwe eeu binnegegaan het op byna dieselfde wyse waarop hy die laaste eeu afgesluit het: met oorloë en armoede.
Dinsdag 16 Mei 2000
- Vier vermeende “vroue van die nag” en ’n man wat saam met hulle aangekla is, het gister in die Hoërhof die wiele aan die rol gesit vir ’n proses wat uiteindelik uitsluitsel kan gee oor die grondwetlikheid van die prostitusie-wetgewing in Namibië.
- Huiwerigheid onder kommersiële boere om van hul grond aan die staat te verkoop, laat die regering met geen ander keuse as om die Grondwet te implementer en grond in belang van grondloses te onteien nie.
- Namibië se Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, dr. Libertine Amathila, is eenparig tot president van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se jaarlikse algemene vergadering in Switserland verkies.
Woensdag 17 Mei 2000
- Die hart van Namibië se mynbedryf klop weer warm deurdat die nuwe eienaar van die TCL-myne, Ongopolo, met koperproduksie begin het.
- Ernstige verdeeldheid in opposisiegeledere oor die onteiening van landbougrond is gister in die Parlement in ’n buitengewone wending deur die president van die DTA van Namibië, mnr. Katuutire Kaura, op die oorgrond gestoot.
- Beroepsvissers van Walvisbaai se aandrang verlede week op ’n sardynkwota van tussen 40 000 en 65 000 ton is deur die Minister van Visserye, dr. Abraham Iyambo, in die Nasionale Vergadering beantwoord met ’n kwota van net 15 000 ton.
Donderdag 18 Mei 2000
- Die Nasionale Raad (NR) het gister sy voet neergesit en die wetsontwerp op Kommunale Grond eenparig verwerp end it met voorgestelde wysigings na die Nasionale Vergadering (NV) terugverwys.
- Die tyd het aangebreek dat die regering in duidelike taal uitspel hoe die grondkwessie in Namibië opgelos gaan word.
- Ernstige oorweging word daaraan geskenk om gemeenskapdiens as straf vir nietige misdade in te stel.
-
Vrydag 19 Mei 2000
- ’n Gesamentlike Namibies-Angolese inisiatief is onderweg om die veiligheid van die inwoners van Kavango en Caprivi te verseker, en die grens aan albei kante dringend te beveilig.
- Die wysigingswetsontwerp op landbougrondhervorming is gisteraand eenparig deur die Nasionale Vergadering (NV) aanvaar.
- Die wêreldnuustydskrif Time het een van Namibië se mees vooraanstaande omgewingsaktiviste, me. Laurie Marker van die Jagluiperd-Bewaringsfonds (CCF), as een van die aarde se helde uitgesonder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie