20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet Pearson
Maandag 22 Januarie 2001

- ’n Dringende spitsberaad is gister in die Angolese hoofstad, Luanda, belê om die jongste verwikkelinge in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) te bespreek.

- Die wiele van die gerg was voor die naweek aan die rol om die summiere skorsing van een van die beste vlieëniers van Air Namibia te beveg terwyl die Namibiese Vlieëniersvereniging (Napa), wat as kampvegter en werkersunie in sulke gevalle optree, sy volle gewig agter ’n poging ingegooi het om die skorsing van kaptein Richard Cousins ongeldig te verklaar.

- Die regsgeding tussen New Era Publications Corporation en een van sy verslaggewers oor ’n onregverdige afdanking het einde verlede week ’n nadraai in die Windhoekse Hoërhof gehad.

Dinsdag 23 Januarie 2001

- Die internasionaal bekende Harnas-wildplaas naby Gobabis is in voorlopige kwarantyn en mev. Marieta van der Merwe, eggenote van die eienaar, mnr. Nic van der Merwe, wat die naweek aan die aansteeklike en gevreesde Kongokoors dood is, is in ’n isolasie-eenheid van ’n Windhoekse hospitaal nadat sy simptome van dié siekte begin toon het.

- Veldbrande in ’n swak vroeë reënseisoen is die waarskynlike oorsaak dat babbejane weer lastig in Windhoek word.

- Die Namibiese Landbou-Unie (NLU) het hom as vennoot van die Regering beskikbaar gestel om grondhervorming en hervestiging so te bevorder dat dit tot voordeel van elke inwoner van die land strek.

Woensdag 24 Januarie 2001

- Namibië gaan eersdaags ’n reuse-stap nader beweeg aan die Europese Unie (EU) se voorskrifte om amptelik te kwalifiseer as ’n land wat vry is van die gevreesde malkoeisiekte, wat die afgelope jare gereed veral die Britse mark op hol gehad het.

- Die gevaar van oorlogsmateriaal en plofbare ammunisie het gistermiddag in die hoofstad ’n onbekende man aan flarde geruk toe hy vermoedelik ’n handgranaat opgetel het.

- Die Namibiese staatshoof, pres. Sam Nujoma, was gister in Kinshasa onder die hoogwaardigheidsbekleërs wat die begrafnis van die vermoorde pres. Laurent Kabila van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) bygewoon het.

Donderdag 25 Januarie 2001

- Onduidelikheid bestaan nog oor die presiese stand van onderwys in Namibië nadat die land se skole vir die akademiese jaar heropen het, maar volgens aanduidinge bestaan nypende tekorte steeds en kry baie leerlinge weer vanjaar nie plek op die skoolbanke nie.

- Republikein 2000 is môre die publikasie wat die graad 12’s se IGCSE-uitslae na Namibiërs in die verste uithoeke van die land bring.

- Die Namibiese regbank en sy onafhanklikheid is weer in die spervuur – dié keer oor ’n Hoërhof-bevel wat die uitsetting van informele setlaars van staatsgrond by die Otjiverodam gelas.

Vrydag 26 Januarie 2001

- Die staat het gister regstreekse bemoeienis met die lot van die Omitara-plakkers gedoen deur in te gryp om hul uitsetting te voorkom.

- Midde-in ’n dreigende verbod op alle mikrovliegaktiwiteite in Namibië het ’n Franse burger, mnr. Thierry Barbier, gister die negende slagoffer van ongelukke met die soort tuie die afgelope sowat twaalf maande geword toe sy tuig neergestort het.

- Namibië se graad 12-leerlinge het beter presteer as dié van verlede jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!