20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 13 Oktober 1997

• Die Duitse Tupolef 154 was op die verkeerde vlieghoogte toe dit met 'n Amerikaanse vliegtuig gebots en 33 mense langs die suidweskus van Afrika omgekom het.

• Veldbrande het die afgelope naweek hul skrikbewind in Namibië voortgesit met nog drie brande wat die naweek 'n verdere geskatte 20 000 hektaar weiding in die Rehoboth- en Nina-omgewings vernietig het.

• 'n Vermeende ivoor-smokkelaar is Vrydagmiddag by 'n diensstasie in Windhoek met 'n reuse-olifanttand in sy besit betrap wat hy doodluiters in 'n seil van TransNamib toegedraai en oor sy skouer gedra het.



Dinsdag 14 Oktober 1997

• Die lot van bewoners van munisipale huise in Khomasdal en Katutura is in die hande van die Regering omdat die Windhoekse Munisipaliteit sal voortgaan om wanbetalers te vervolg en uit die huise te sit.

• 'n Landdros verbonde aan die laerhof in Windhoek het gister 'n vlugtige verskyning in 'n voorverhoor in die Hoërhof in die stad gemaak in verband met vyf kriminele klagte teen hom.

• Die Minister van Gesondheid en Welsyndienste, dr. Libertine Amathila, het gister joernalistieke geskiedenis gemaak. Die oorhandiging van 'n petisie teen die voorgestelde wysiging van die Aborsie- en Sterilisasiewet aan dr. Amathila was waarskynlik die kortste fotogeleentheid wat Namibië nog ervaar het.



Woensdag 15 Oktober 1997

• Die opknappings en verbeteringe aan die Swakopmund-huis van die Eerste Minister is steeds omstrede byna 'n jaar ná die werk gedoen is.

• 'n Bedrogspul van internasionale omvang het aan die lig gekom met 'n kriminele ondersoek na R6 miljoen se posorders wat in Suid-Afrika gesteel en plaaslik aangebied is.

• 'n Rekordgetal nie-politieke organisasies gaan aan die verkiesing van plaaslike owerhede deelneem.



Donderdag 16 Oktober 1997

• Roetes van en na die Windhoekse internasionale lughawe gaan môre dalk versper word indien die geskil tussen die lughawebestuur en taxi-eienaars nie vanoggend op 'n spesiale vergadering besleg word nie.

• Sommige belastingbetalers is met dubbele slae geslaan toe tjeks waarin die gaarder sekere oorvorderings aan hulle terugbetaal het, blykbaar gesteel en gewissel is.



Vrydag 17 Oktober 1997

• 'n Bejaarde inwoner van die Shaujemwa-buurt naby Rundu het vandeesweek “twee keer” gesterf.

Volgens 'n matrone van die ­Rundu-hospitaal is me. ­Kangonda Mafo Cecilia (80) Woensdagoggend op die drumpel van 'n koelkas in die lykhuis gered.

• Die tradisionele weerprofete van Owambo sê die goeie reën wat uitgesak het, is net 'n voorspel tot onheil.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!