20 jaar gelede
Maandag 30 April 2001
- Verhoogde tariewe vir mediese dienste is van môre af die voorland van alle Namibiërs wat die afgelope maande onder verskeie prysverhogings in ’n trae ekonomie wurg.
- Konsternasie het van Saterdagoggend tot laatmiddag by die Katutura-hospitaal geheers toe een van die kragopwekkers ontplof en die grootste deel van die hospitaal in duister gehul was.
- ’n Teleurstellende minder as honderd marsjeerders in ’n optog om basiese menseregte in die Namibiese soeklig te plaas, was die naweek in die Namibiese hoofstad, Windhoek ’n ernstige aanklag van ’n gebrek aan belangstelling.
- Die windkragprojek van sowat N$45 miljoen by Lüderitz is finansieel besproke nie lewensvatbaar nie, maar sal voordele vir die land by wyse van navorsing oor skoner krag asook internasionale welwillendheid inhou.
- Die Minister van Visserye en Mariene Hulpbronne, dr. Abraham Iyambo, is optimisties dat die finansiële status van die semistaatsinstelling Fishcor vanjaar op ’n gesonde grondslag geplaas sal wees.
Dinsdag 1 Mei 2001
- Werkersdag
Woensdag 2 Mei 2001
- Laatreën in Mei en selfs Junie is nie in Namibië ongewoon nie, maar neerslae van tot 100 mm dié jaar is buitengewoon.
- Die Namibiese Grondwet word dalk eersdaags weer gewysig – dié keer om vryheid van inligting te verseker.
- Boere wat olifante op hul grond aanvaar, sal deur die Ministerie van die Omgewing en Toerisme bygestaan word.
- Die Osire-vlugtelingkamp word vir die vierde agtereenvolgende maand deur die inperking van voedselrantsoene bedreig.
Donderdag 3 Mei 2001
- Persdag: ‘Demokrasie, ekonomiese groei onmoontlik sonder vrye media’. ’n Vrye pers is een van die noodsaaklikste komponente van ’n demokratiese gemeenskap wat op sy beurt ’n voorvereiste vir volhoubare maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling is.
- Die Europiese Unie (EU) het Namibië gister in die Belgiese hoofstad, Brussel, in ’n formele protesverklaring gewaarsku oor die skadelike ekonomiese en beleggingsgevolge wat aanvalle deur senior regeringslui op minderhede vir die land kan inhou.
- Die Windhoekse Buitekluboord, wat onlangs deur die Regering oorgeneem is, kan binnekort weer onder nuwe bestuur wees.
- Namibië is steeds een van die gewildste vakansiebestemmings in Afrika suid van die Sahara vir mense van Duitsland. ’n Toename van 8% in Duitse besoekers aan Namibië is in 1999 ondervind.
Vrydag 4 Mei 2001
- Cassingadag

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie