20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 6 Augustus 2001

- Driedubbele vreugde vir die Premierspaar op die plaas Hadaloha tussen Tsumeb en Otavi waar die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, sy sestigste verjaardag gevier het, sy seun Hage Jnr gedoop is en die premier vir die eerste keer in 39 jaar weer nagmaal gebruik.

- ’n Onafgehandelde begroting het Vrydag die inswering van Rehoboth se sewe nuwe raadslede gekniehalter.

- Vyf mense het die naweek hul lewens te danke aan ’n suksesvolle noodlanding wat deur ’n vlieënier in die onherbergsame Sebraberge in die noorde van die land uitgevoer is.

Dinsdag 7 Augustus 2001

- Probleme buite Namibiese beheer is struikelblokke in pogings om binne vier jaar as poliovrye land verklaar te word.

- Ongopolo Mining and Processing het ’n multimiljoendollar-ooreenkoms met ’n strategiese buitelandse vennoot beklink om gesamentlik die germanium-potensiaal uit 2,2 miljoen ton sekondêre afvallood te ontwikkel.

- Vragverkeer gaan binne ’n jaar dag en nag langs die TransKalahari-hoofweg tussen Walvisbaai en Gauteng deur Botswana kan vloei wanneer planne van die bestuurskomitee van die TransKalahari Korridor deurgevoer is.

Woensdag 8 Augustus 2001

- Die Kaapstadse landdroshof het gisteroggend beslis dat die vyf vermeende transitorowers wat na bewering N$5,3 miljoen op die pad tussen Brakwater en Windhoek uit ’n veiligheidsvoertuig geroof het, uitgelewer mag word.

- Dringende samesprekinge Maandag tussen bestuurders van South African Express Airways en Burgerlugvaart van Namibië het ’n potensieel plofbare situasie ontlont nadat die redery se gewilde daaglikse vlugte van die lughawe Eros na Johannesburg en Kaapstad verlede week summier opgeskort is.

Donderdag 9 Augustus 2001

- Stomme verbasing, kommer en meer vrae as antwoorde het gister in Namibiese sportkringe die ronde gedoen nadat geen amptelike verduideliking vir die skielike onttrekking van Frank Fredericks aan die 200 meter by die atletiek-wêreldkampioenskap in Edmonton, Kanada, Dinsdag gegee is nie.

- Druiweverbouers op Aussenkehr langs die Oranjerivier vra in die Hoërhof dat wysigings aan hul aansoek om ’n dringende hofbevel teen diamantontginning aangebring word.

Vrydag 10 Augustus 2001

- President Sam Nujoma se versoek aan die Windhoekse munisipaliteit om veral die stad se voorheen afgeskeepte gebiede skoon te maak, het gister ’n tree gevorder met die aanstelling van die eerste vrywilligers in die noordwestelike voorstede.

- Die onmiddellike afdanking van die wankelende TransNamib se direksie is gister midde-in toenemende omstredenheid oor die posisie van die besturende direkteur, dr. Peingondjabi Shipoh, geëis.

- Verligting van misdaadprobleme is vir inwoners van Kleine Kuppe onderweg deurdat Telecom binne drie weke ’n mobiele openbare telefoonstelsel in dié Windhoekse woonbuurt gaan installeer.

- Altesame 465 erwe is reeds op Rehoboth aan nuwe eienaars toegeken wat nou die titelakte van die persele waarop hulle woon amptelik op hul name kan laat registreer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!