20 jaar gelede
Maandag 9 April 2001
- Dreigemente van ’n stortvloed regsaksies was die naweek die teenvoeter vir beskuldigings deur ’n interministeriële komitee dat medici die staatsdiens se mediese skema, PSEMAS, uitbuit.
- Paaie is verspoel en treinverkeer ontwrig nadat goeie reën sedert Vrydag oor die grootste deel van Namibië uitgesak het, terwyl die periodieke vloed uit Suid-Angola – die Efundja – in Owambo tussen Oskahati en Ongwediva vloedafmetinge aangeneem het.
- Die erns van motorkapings in Suid-Afrika kan nie oorbeklemtoon word nie met Namibië en Mosambiek wat glo die deurgangsroete van gesteelde voertuie na ander Suider-Afrikaanse lande uitmaak.
- ’n Verenigde front oor partypolitieke grense heen is deur die Namibiese gemeenskap gevorm teen die jongste vlaag dwelmvoorvalle in die land.
Dinsdag 10 April 2001
- Bykans 113 miljoen kubieke meter water het die afgelope week by Namibiese damme ingevloei ná wydverspreide reën van die mees noordelike tot die mees suidelike dele van die land. Riviere was in volle vloed.
- Die Regering doen drastiese stappe om kostedoeltreffende dienslewering in die staatsdiens te bevorder.
- Midde-in tevredenheid oor die inwerkingstelling van die skietstilstand in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) is die VVO versoek om die ontplooiing van nog personeellede wat daarby betrokke is te bespoedig.
Woensdag 11 April 2001
- Die interne referendum deur middel waarvan vanoggend tussen die voortbestaan of ontbinding van die Universiteit van Namibië (Unam) se studenteraad (SRC) beslis sou word, is gister ter elfder ure onbepaald afgelas.
- Die hoogste geheimhouding is die kruks van die opdrag van die presidensiële kommissie van ondersoek na die bedrywighede en bestuur van TransNamib Holdings.
- Burokratiese rompslomp het meegebring dat ’n aanbod van Amerikaanse hulp in die stryd teen dwelms in Namibië teruggetrek is.
- Alle mense verdien dieselfde beskerming, menseregte en gelykheid soos deur die Bybel en die Namibiese Grondwet voorgeskryf word.
Donderdag 12 April 2001
- Namibië se aansien as toonbeeld van die demokrasie, menseregte, nasionale versoening, die regstaat, ’n oop ekonomie en ’n land waarin vryheid van spraak gerespekteer word, is in die gedrang ná die onlangse vlaag uitlatinge deur pres. Sam Nujoma oor onder meer homoseksuele mense.
- Namibië se sokker is gister tot in sy fondamente geskud deur die summiere onttrekking van ’n borgaansoek van meer as N$4 miljoen deur sy jarelange vriend en bondgenoot, Castle Brewing.
- Met die gebruiklike uittog vir Paasfees op hande, het die verkeersowerhede motorryers gemaan om hulle by die verkeersregulasies om die dood van die paaie af te hou.
Vrydag 13 April 2001
- Goeie Vrydag

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie