20 jaar gelede...
Maandag 2 September
• Die gemeenskap van Mariental is gisteroggend tot stilstand geruk deurdat ’n middeljarige ma eers haar 14-jarige dogter se lewe en daarna haar eie geneem het.
• Weens die styging in geweldsmisdaad die afgelope jare is dit nou die geskikte tyd dat uitgediende misdaadwetgewing hersien en in ooreenstemming met huidige werklikhede gebring word. So sê Pres. Sam Nujoma toe hy Namibiërs gevra het om hul volle steun aan die kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van regter Bryan O’Linn, te verleen.
Dinsdag 3 September
• Planne vir die oprigting van ’n derde volstruisvleisverwerkingsaanleg van bykans N$10 miljoen het aan die lig gekom in ’n skema wat skynbaar daarop gemik is om ’n sukkelende volstruisprojek met noue Swapo-bande, weer op sy bene te help.
Woensdag 4 September
• ’n Nuwe storm het losgebars oor die kop van die Namibiër wat vandeesmaand die eerste groot besending ingevoerde, gebruikte Japanse motors die land gaan inbring. Beweringe is gemaak dat van die opgesaagde wrakke weer gelas gaan word en as padwaardige voertuie verkoop gaan word.
• Elf Namibiese burgers het Maandag vlugtig in die hof op Opuwo verskyn weens die beweerde moord op ’n Angolese burger. Hy het glo vyftig beeste van ’n Ovahimba-gemeenskap gesteel waarna hulle hom met stokke doodgeslaan het.
Donderdag 5 September
• Die spook van die eerste swart Mercedes Benz van Pres. Sam Nujoma loop opnuut met ’n lyfwag van Minister Moses //Garoeb wat gister in die Windhoekse landdroshof verskyn het op ’n klag van die diefstal van die voertuig se enjin en ratkas.
• Their blood waters our freedom, die Swapo-publikasie met naamlyste van Namibiërs wat onder dié party se sorg en verantwoordelikheid in die buiteland gesterf het, is vir die eerste keer buite die kring van Swapo-vertrouelinge gelek en het klaar heftige reaksie uitgelok.
Vrydag 6 September
• Grootfontein is Sondag ’n eeu oud. ’n Spesiale gedenkkoevert en stempel is voorberei vir die geleentheid en is Sondag vanaf 11:00 tot 12:00 by die poskantoor op die dorp beskikbaar.
• Ongekende belangstelling heers weer in die karakoelbedryf nadat gemiddelde pryse op die afgelope drie ramveilings verdriedubbel het.
Sondag 1 September
• Dagblaaie in Europa beweer ’n romanse het tussen Namibië se Frankie Fredericks en Frankryk se Marie-José Pérec ontstaan na beide aan die Olimpiese Spele in Atlanta, VSA deelgeneem het. Frankie se kommentaar was bloot: “Ek bespreek nie my private lewe nie.”
• Mohammed het pas die eerste gans in Namibië geword wat met ’n ysterbeen pronk nadat hy sedert geboorte met ’n gebreekte en misvormde been en poot gesukkel het. In twee operasies is ’n ysterpen in die been geplant en kleiner pennetjies in die dwarste deur die been gedruk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie