20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 2 Maart 1998

• Die militêre angel in die grensgeskil tussen Namibië en Botswana is einde verlede week verwyder.

• Die drie vermeende onwettige diamanthandelaars wat verlede week in 'n skietgeveg met die polisie by die vragmotorhawe buite Windhoek betrokke was waarin 'n jong konstabel met sy lewe geboet het, het Vrydagoggend die eerste keer onder streng polisiebewaking in die landdroshof in die stad verskyn.

• Die grondkwessie het die verstandhouding ten opsigte van oorlegpleging tussen die Regering en die georganiseerde landbou in duie laat stort.



Dinsdag 3 Maart 1998

• 'n Borgaansoek namens een van die drie vermeende onwettige dia­manthandelaars wat Woensdag in 'n skietgeveg met die polisie betrokke was, is gistermiddag voor 'n landdros van die Windhoekse Laerhof gebring.

• Professor Mburumba Kerina, 'n sleutelfiguur in die stigting van Swapo en een van Namibië se eerste petisionarisse by die Verenigde Volke Organisasie, het gister sy lidmaatskap van Swapo opgesê en hom by 'n DTA-verwante party aangesluit.



Woensdag 4 Maart 1998

• Die verdere verstewiging in interstaatlike betrekkinge in die algemeen en die uitbreiding van die taal- en kultuurbelange van die Duitssprekende gemeenskap in Namibië in die besonder is die boodskap waarmee die Duitse staatshoof, dr. Roman Herzog, vanoggend kort na 09:30 in Namibië aanland.

• Landbouskuld van meer as N$700 miljoen en die huidige aanduidinge dat 'n derde van die totale mielie-oes in die noordelike produserende gebiede reeds tot niet is, dui onteenseglik op 'n krisisjaar vir landbouers as reën gaan wegbly.

• Geouditeerde finansiële state en die amptelike jaarverslag van TransNamib het gister die ware omvang van die geldelike verknorsing by dié staatskorporasie bevestig.



Donderdag 5 Maart 1998

• Onderliggende spanning en meningsverskille laai oor verskeie politieke kwessies tussen Namibië en Duitsland op enkele ure nadat een van die luisterrykste ontvangste nog vir 'n besoekende staatshoof op Namibiese bodem aangebied is.

• Doeltreffendheid van die regering staan opnuut in die beskuldigdebank.



Vrydag 6 Maart 1998

• Onderliggende spanning oor Duitse presidensiële pogings om Duits as medium van onderrig tot graad sewe in Namibiese staatskole te verhef, het gisteraand in ongehoorde, maar ferm kragdadigheid voor die hoogste Namibiese gesag geknak.

• Die finansieel-geknelde Air Namibia gaan 'n luukse Boeing 767 uit Australië teen 'n koste van sowat N$3, 6 miljoen per maand huur ter vervanging van sy Boeing 747-SP wat aan die einde van vandeesmaand aan sy eienaars, SAA, teruggegee sal word.

• 'n Nuwe inkomstebelastingstelsel vir Namibië waarvolgens alle belastingbetalers hulself moet aanslaan onder die swaard van 'n swaar boete- en rentestruktuur, het skynbaar reeds in werking getree.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!