20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Maandag 3 April 2000

Verhogings in salarisse en pensioene, asook geen verhogings in persoonlike belasting is die milleniumsgeskenk van die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, aan Namibiërs wanneer hy môre die hoofbegroting vir die boekjaar 2000/’01 in die Nasionale Vergadering (VN) ter tafel lê.

’n Ou bergplek van ammunisie wat voor die Eerste Wêreldoorlog deur die Duitse soldate begrawe is, het ná swaar reën die naweek langs ’n huis in Windhoek oopgespoel.

Dinsdag 4 April 2000

Namibië gaan met ’n pionierbeleid in Afrika leiding in die meer doeltreffende bekamping van MIV/vigs neem.

Die eerste duisend inligtingstukke waarin die waterkrisis op Walvisbaai verduidelik word, is gister aan besoekers aan die kusdorp uitgedeel.

Namibiese skoliere kan moontlik teen 2002 weer vier kwartale in plaas van die huidige drie termyne hê.

Woensdag 5 April 2000

Die gevare wat die sikloon Hudah vir Namibiese dorpe met water(s)nood inhou, is gister vir die eerste keer in ’n vertroulike verslag aan die Walvisbaaise munisipaliteit uitgewys terwyl die dorp met krisisbeperkinge worstel.

Kommer oor Namibië se verbintenis aan die Ottowa-Verdrag op die verbod van landmine is gister deur die Nasionale Vereniging vir Menseregte (NVM) uitgespreek.

Donderdag 6 April 2000

Meer as 180 000 Namibiese huishoudings trek direk voordeel uit die begroting wat gister deur die Minister van Finansies in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is.

Die vloedskade van die afgelope weke is gister deur die regering as ’n ramp verklaar met die Kuisebrivier wat die Swartbank-pompstasie verwoes het en Walvisbaai se watertoevoer tot ’n dun stroompie laat afneem het.

Vrydag 7 April 2000

Ramptoestand staar die Topnaars van die Kuiseb in die gesig deurdat die vloed van die Kuisebrivier hul woestynbestaan ernstig bedreig.

Namibië sal saam met die res van die wêreld binne twee jaar die vrugte kan pluk van sy wonderkind, dr. Japie van Zyl, se pas afgelope topografiese radarsending in die buitenste ruim.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!