20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 3 September 2001

- Internasionale lof is Namibië toegeswaai oor die onttrekking van sy troepe kragtens die Lusaka-vredesooreenkoms uit die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK).

- ’n Man van Windhoek is in hegtenis geneem omdat hy sensusmateriaal na bewering verwoes en hardhandig teenoor ’n sensusopnemer opgetree het.

- ’n Beloning van N$50 000 is op Walvisbaai aangekondig vir enigiemand wat inligting kan verskaf wat lei tot die inhegtenisneming van die moordenaar(s) van Johannes Natgagwe Shikoyehi.

Dinsdag 4 September 2001

- Vyfduisend regstreekse werksgeleenthede sal by die tweede grootste Ramatex-tekstielaanleg ter wêreld geskep word wat nou op die hoeksteen verrys waar die aanleg van sowat N$820 miljoen in Windhoek gebou word.

- Ernstige struwelinge in die kleinmynersbedryf en ’n nuwe vlaag diamantsoekers in die Skedelkuspark dreig weer om tot uitbarsting te kom met ’n belangrike vergadering vandeesweek op Hentiesbaai en beweerde voorvalle wat by die kantoor van die Goewerneur van Erongo aangemeld is.

Woensdag 5 September 2001

- ’n Herero-belangegroep het regsprosedures in Amerika van stapel laat loop om skadevergoeding van sowat N$16 miljard teen vooraanstaande Duitse maatskappye in te stel ná ’n Namibiese regeringsbesluit om die kwessie van skadevergoeding vir koloniale vergrype afsonderlik met die Duitse en Suid-Afrikaanse regering op te neem.

- ’n Oproerige skare binne en buite die tydelike hofsaal op Grootfontein het gister die stilte op die dorp onderbreek toe die borgtogaansoek van 53 van die 125 vermeende Caprivi-afstigtingsrebelle van die hand gewys is.

Donderdag 6 September 2001

- Namibië se afvaardiging na die VVO se wêreldkonferensie vandeesweek in Durban, Suid-Afrika, kan ’n sleutelrol speel in die soeke na ’n kompromie om die induiestorting van verenigde posisies teen rassisme, rassediskriminasie, vreemdelingehaat en verwante onverdraagsaamheid te verhinder.

- Beskik Amerikaanse howe oor die jurisdiksie om uitspraak te lewer in die saak waarin die Hererovolk vergoeding van sekere Duitse maatskappye vir koloniale vergrype eis?

- Die bedrogsaak teen ’n voormalige senior rekenmeester van die Ministerie van Werke, Vervoer en Kommunikasie wat die staat na bewering met valse eise vir staatsvlieëniers met meer as N$1 miljoen ingeloop het, is vir vonnisdoeleindes tot Maandag verdaag.

Vrydag 7 September 2001

- Hoop dat kompromieë steeds ter elfder ure bereik kan word op die VVO se wêreldkonferensie teen rassisme, rassediskriminasie, vreemdelingehaat en verwante onverdraagsaamheid wat vandag in Durban ten einde loop, is gisteraand deur die Namibiese Minister van Buitelandse Sake, mnr. Theo-Ben Gurirab, uitgespreek.

- Vlieëniers van Air Namibia is Woensdag in die vroeë oggendure aan boord van die Boeing 747-400 Combi tot die uiterste beproef toe ’n erg beskonke passasier van Lithaue in Oos-Europa die kajuit binnegebars en bemanningslede met die vuis bygedam het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!