20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Minette Brink
Maandag 3 Januarie 2000 (Millennium-uitgawe)

• Inwoners van dié land, Namibië, bevind hulle vanoggend in so 'n unieke tyd van die geskiedenis dat dit 'n onmeetlike menslike tragedie sal wees as hulle nie die meeste daarvan kan maak nie.

• Van al die vryhede waarmee en waaroor Namibiërs die afgelope eeu geworstel het, is die enigste vryheid wat die moeite werd is om te noem, die vryheid van gedagte en gewete.

• 1 Januarie 2000 het die verbeelding van die ganse mensdom aangegryp.



Dinsdag 4 Januarie 2000

• Eise en teeneise van derduisende gaan ingestel word nadat bitter min geword het van die fees der feeste wat met die millennium by Duin 7 naby Walvisbaai gehou sou word.

• Die eerste prysverhoging van die nuwe jaar kan moontlik volgende week aangekondig word wanneer die brandstofprys weer in heroorweging geneem sal word.

• Deeglike voorbereidings in Namibië om die J2K-gogga te kelder, het vrugte afgewerp.

• Windhoek spog met minstens 11 millennium-babas.



Woensdag 5 Januarie 2000

• 'n Bloedbad in Kavango waarin al drie kinders van 'n Franse gesin dood en verskeie mense ernstig beseer is, het die slagveld van die Angolese burgeroorlog na Namibië uitgebrei.

• Nuwe toerisme-inisiatiewe om Namibië as bestemming in die Amerikas en Europa te bemark, lê in Kavango aan skerwe terwyl lodge-eienaars sedert gister dreig om hul vakansieplekke langs die rivier te sluit.

• Twintig inwoners van die Mwitjiku-nedersetting in Wes-Caprivi is na bewering deur Unita-rebelle na Angola ontvoer ná 'n skietaanval op Namibiese burgers die naweek by die nabygeleë Bush Baby Lodge.



Donderdag 6 Januarie 2000

• Die Namibiese regering staar vanoggend regstappe in die gesig met lede van die toerismebedryf wat regsadvies inwin oor optrede teen die owerheid vir finansiële verliese gely.

• Diplomatieke bande tussen Frankryk en Namibië is broos ná die voorval Maandag waarin drie Franse kinders dood, hul ouers ernstig gewond en twee ander reisigers tussen Caprivi en Kavango beseer is.

• Namibië se damme is vanjaar tien persent voller as tydens dieselfde tydperk verlede jaar.



Vrydag 7 Januarie 2000

• Die beplande "blitskrieg" uit Namibië teen Unita is tot stilstand geruk met Zimbabwiese versterkings, asook huur- en kindersoldate wat nou die NDF en Fapla te hulp snel.

• Grootskeepse kansellasies van toeriste-besprekings weens Maandag se gru-aanval in Kavango is besig om 'n ekonomiese tol op dié streek te eis.

• Namibië se betrokkenheid by die bloedbad op sy noordgrens is skerp veroordeel deur plaaslike politieke partye, terwyl hulle geëis het dat die regering sy stilswye oor die situasie verbreek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!