20 jaar gelede
Maandag 2 Oktober 2000
- ’n Kolonel in die Namibiese Weermag en ’n onbekende bestuurder van ’n NDF-voertuig is Saterdag na ’n moles op die parkeerterrein van die Windhoekse skou in hegtenis geneem nadat veiligheidswagte met ’n AK-47-geweer gedreig is.
- Die Namibiese veiligheidsmagte het ’n operasie in Wes-Kavango van stapel gestuur om vermeende Unita-simpatiseerders in die geledere van die destydse Koevoet- en Gebiedsmag te identifiseer en te isoleer.
- Die Namibiese Olimpiese span sal ’n deeglike voorraadopname van sy vertoning by die afgelope Olimpiese Spele in Sydney moet maak sodra die span terug in Windhoek is, het die missiehoof, me. Carol Garoës, gister aan Republikein 2000 gesê.
- Verhoogde toegangsgeld vir die openingsdag van die eerste Landbou- en Nywerheidskou van die nuwe eeu, kon Saterdag nie daarin slaag om die entoesiasme van skougangers tydens die opening van die Windhoekse skou te demp nie.
Dinsdag 3 Oktober 2000
- Duisende robwelpe het in die omgewing van Lüderitz begin vrek in ’n soortgelyke katastrofe van die see as in 1994.
- Kommer dat beoogde onderwyswetgewing Namibiese ouers seggenskap oor die onderrig van hul kinders sal ontneem, het kerke op Gobabis tot ’n verenigde pleidooi aan die Regering geïnspireer.
- Die Minister van Binnelandse Sake, mnr. Jerry Ekandjo, is opnuut in omstredenheid weens wat as aanvegbare uitlatings oor die regte van homiseksuele Namibiërs beskou word.
- Geen steen sal onaangeroer gelaat word om te verseker dat beesboerdery in kommunale gebiede van Namibië verbeter en bevorder word ten einde te verseker dat diere uit dié streke ook hul weg na die kommersiële markte vind nie.
Woensdag 4 Oktober 2000
- Die DTA/UDF-koalisie gaan verskeie uitlatinge deur die Minister van Binnelandse Sake, mnr. Jerry Ekandjo, die afgelope tyd met ’n wantrouemosie in die Nasionale Vergadering (NV) stormloop en sy bedanking in die proses eis.
- Reuse-plakkate met noodkrete van ’n groot Russiese voorradeboot het gister in die baaigebied van Walvisbaai onbeantwoord gebly.
- Die Ministerie van Seevisserye het die robbekolonies van Namibië aan internasionale dierewelsynsorganisasies gebied, maar het nie eens ’n antwoord ontvang nie.
- Namibië sal die ekonomiese aanslag van die internasionale oliemark en die onstabiele Suid-Afrikaanse rand tot Januarie aanstaande jaar weerstaan voordat Namibiërs se sakke deur nog ’n brandstofprysstyging geskud word.
Donderdag 5 Oktober 2000 – Geen koerant
Vrydag 6 Oktober 2000
- Die Internasionale Lughawe Hosea Kutako buite Windhoek was tot vroeg vanjaar ’n tydbom ten opsigte van brandweer- en reddingsdienste.
- Die Namibiese Regering het die afgelope twee jaar byna N$2,5 miljoen in siviele hofsake bestee.
- Twee lede van die Namibiese Weermag (NDF) wat verlede naweek op die parkeerterrein van die Windhoekse skouterrein oor wangedrag in hegtenis geneem is, is geskors.
- Die Namibiese Veiligheidsmagte en hul Angolese eweknie, die FAA, het vandeesweek twee keer met mekaar slaags geraak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie