20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Dani Booysen
Maandag 22 Mei 2000

• Die Kongres van Demokrate (CoD) het kennis gegee dat dié party die besluit van die Speaker van die Nasionale Vergadering (NV), dr. Mosé Tjitendero, om die DTA/UDF as amptelike opposisie te verklaar, met ’n hofaansoek gaan teenstaan.

• Die Franse ondersoekspan wat verlede week in Kavango leidrade ingesamel het na die moorde vroeër vanjaar op die drie Franse tieners, is hoopvol dat ’n finale deurbraak binnekort gemaak sal word.

• Namibië het verlede week weer die voortou geneem deur een van die min lande te wees wat die Verenigde Volke-Organisasie (VVO) se opsionele protokol oor die uitwissing van diskriminasie teen vroue bekragtig het.

Dinsdag 23 Mei 2000

• Duitsland het die afgelope tien jaar sedert Namibiese onafhanklikwording meer as drie miljard Namibiese dollars in die vorm van ontwikkelingshulp aan die land geskenk.

• Verskeie paaie wat by die beoogde suidelike verbypad deur Windhoek sal aansluit, is deur Windhoek se stadsraad en die regering goedgekeur ter afwagting van meer vervoer wat deur die Trans-Kalahari-hoofweg veroorsaak sal word.

• Die NTARA-omgewing van Wes-Kavango is ’n nuwe terreurfront nadat ’n personeelmyn gister ’n burgerlike vermink het enkele dae nadat inwoners van die nedersetting koelbloedig met bajonette vermoor is.

Woensdag 24 Mei 2000

• Wanordelike grondhervorming in die hande van ’n “gepeupelbewind” kan nie toegelaat word nie.

• Nog ’n krisis staar die Rehoboth-dorpsraad in die gesig deurdat meer as tagtig amptenare gister in ’n vreedsame betoging hul ontevredenheid oor onseker werkomstandighede uitgespreek het.

• Caprivi gaan aggresief as toeristebestemming bemark word nadat die Zimbabwiese grondkrisis dié bedryf as die jongste in ’n reeks terugslae ’n gevoelige slag toegedien het.

Vrydag 26 Mei 2000

• Ernstige aantyginge van ’n ondemokratiese kultuur en geskiedenis van menseregteskendings deur die Nasionale Vereniging van Menseregte (NVM), en ’n gelyktydige teregwysing deur die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, het sluimerende wantroue tussen die Regering en dié organisasie op die spits gedryf.

• Die woestynleeus van die Skedelkuspark waarvan die indruk bestaan het dat die laaste een sewe jaar gelede doodgeskiet is, is herontdek.

• Ernstige kommer bestaan in die boubedryf oor verwagtinge vir die nuwe boekjaar met waarskuwingsligte wat aan ’n wye front flits, terwyl die bedryf steier onder ’n inkorting van sowat 6 persent teenoor verlede jaar se regeringsbegroting.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!