20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 26 Februarie 2001

- August 26, die Namibiese regeringsmaatskappy in beheer van die land se diamantmyn in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK), het regstreekse kontak met een van die mees omstrede internasionale wapenhandelaars in die wêreld en waarskynlik toegang tot die onwettige handelsroete van konflikdiamante vanuit die DRK na Antwerpen in België.

- Namibië se herstrukturering-voorlegging van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) is deur die organisasie se ministersraad in Midrand, Suid-Afrika, goedgekeur.

- Die Namibiese Welwitschias het Saterdag ’n absolute nagmerrie beleef in hul openingswedstryd in die Vodacombekerreeks toe die Valke op Brakpan hulle met 76 – 6 verslaan het.

Dinsdag 27 Februarie 2001

- Die bestuur en bedrywighede van TransNamib Holdings gaan vir die volgende drie maande aan ’n presidensiële kommissie van ondersoek onderwerp word.

- Hewige openbare teenkanting het meegebring dat die roete vir ’n kraglyn deur ’n bewoonde gebied van Windhoek-Noord na die sentrale sakegebied in heroorweging geneem is.

- Die vermeende misbruik van staatsvoertuie (GRN’s) moet onmiddellik by die naaste polisiekantoor of eenhede van die verkeersmag aangemeld word, ingevolge ’n beroep deur die bevelvoerder van die polisie in die Erongostreek, adj.komm. A.H. Iyambo.

Woensdag 28 Februarie 2001

- Die Ministerie van Verdediging het gister die volle verantwoordelik van inligting oor en die bedryf van die Tshikapa-myn in die DRK van die Minister van Myne en Energiesake, mnr. Jesaya Nyamu, oorgeneem.

- NAMCO, ’n eertydse juweel in Namibië se seediamantbedryf, het gister verbete teen finansiële ondergang geveg terwyl aanslae uit alle oorde op dié internasionaal genoteerde maatskappy gereën het.

- ’n Skoonmaakveldtog is Vrydagnag laat telefonies deur die President gereël nadat hy Katutura dié dag besoek het.

Donderdag 1 Maart 2001

- ’n Summiere verbod op die invoer van alle vleisprodukte uit Europa en ’n aggressiewe bemarkingsaksie van Namibiese kleinvee na dié vasteland is die gevolge van ’n wyd verspreide uitbraak van bek-en-klouseer in Brittanje.

- ’n Kritieke mylpaal in Skorpion-sinkmyn se ontwikkeling is bereik toe infrastruktuur vir voorlopige watervoorsiening vir konstruksiedoeleindes binne ’n kort spertyd voltooi is.

- Weersprekende ministeriële verklaringe oor Namibië se Tshikapa-myn in die DRK het die Regering op die vooraand van vanmiddag se NV-sitting op die rand van ernstige verleentheid en gebrek aan koördinasie.

Vrydag 2 Maart 2001

- ’n Aansoek deur die Herero-opperhoof en nog 41 leiers gister in die Hoërhof is voorafgegaan deur ’n sterk polisieteenwoordigheid by ’n vreedsame optog deur nagenoeg 450 Herero’s en Himbas.

- ’n Gesprek deur verteenwoordigers van drie van die partye met belange by die Igloo Star 1 kan vandag nog ’n oplossing bring vir 59 stakende Russiese matrose in die Walvisbaaise hawe.

- Ten spyte van verskeie inisiatiewe in die watersektor sedert onafhanklikwording het 35% van die landelike gemeenskap nie toegang tot veilige drink water nie.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!