20 jaar gelede
Maandag 9 September
• Grootskeepse bedrog met petrolbestelvorms en die vervalsing van regeringsvoertuie se registrasiemerke is in die Noorde blootgelê. Dit blyk die punt van die ysberg te wees en diensstasies landwyd en veral op plattelandse dorpe waar die Regering nie oor sy eie depots beskik nie, kan van duisende dollar besteel word.
• Mia von Solms, die vermeende meesterbrein agter die moord op mev. Johanna P. Otto, se waarskynlik laaste desperate pleidooi tot die Windhoekse Hoërhof om borgtog hertoegestaan te kry, is Vrydag van die hand gewys.
Dinsdag 10 September
• ’n Deurbraak is gemaak met die eerste navorsingsresultate wat daarop dui dat tabakverbouing die suksesvolle aanvullende gewas kan wees vir akkerbou in hierdie periodiek droogtegeteisterde land.
• Meer as 80 000 opgestapelde buitebande by die Kupferberg-stortingsterrein buite Windhoek, hou ’n besoedelingsgevaar vir die hoofstad se drinkwater in.
Woensdag 11 September
• Die Namibiese Polisie se vloot van uitgediende voertuie gaan voor die einde van die jaar met nuwe, meer ekonomiese voertuie vervang word.
• ’n Skrikwekkende verhaal oor die beleg van die drie TCL-myne van Gold Fields in Namibië deur stakende mynwerkers, is gister in die Arbeidshof oopgevlek.
Donderdag 12 September
• Vrese dat Namibië se sentrale nywerheidsgebiede voor die jaar 2000 sonder krag kan wees, het Nampower genoodsaak om die duurste en omvangrykste kragvoorsieningsplanne ter wêreld te oorweeg.
• ’n Verdere stokviskwota van 10 000 ton en ’n bykomende krapkwota van 500 ton, is gister deur die Kabinet aangekondig wat algemeen beskou word as ’n “tydelike verligtingsmaatreël” vir verskeie vismaatskappye wat hulle nou in ’n ernstige krisis bevind.
Vrydag 13 September
• “Dis 10:00 en ons sal nie vir die televisie wag nie, maar stiptelik met die mediakonferensie begin.” Met daardie woorde het die president van die Windhoekse Skouvereniging, mnr. Ulrich (Ulli) Pack, vir hom Donderdag die respek van die koerant- en radioverteenwoordigers in Namibië afgedwing.
• Die President, mnr. Sam Nujoma, het ’n verdere kabinetskommeling aangekondig wat as die duidelikste poging nóg gesien word om agteruitgang in algemene landsadministrasie te stuit en Swapo se eie strukture met die oog op die komende reeks verkiesings te verstewig.
Sondag 15 September
• Trane het gevloei en uitroepe van skok het in die volgepakte hofsaal weerklink toe die gevierde sokkerspeler Frans (Foresta) Nicodemus van Mukorob Pelagic Tigers Vrydagmiddag in Windhoek weens moord vir twintig jaar tronk toe gestuur is.
• Die rykdomme van die De Wet-skag van die Tsumeb-myn het deel van die geskiedenis geword toe dit die afgelope dae voortydig oorstroom het. Die myn sal nooit weer in werking gestel kan word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie