20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 14 Desember 1998

• Nog 'n Namibiese soldaat wat met noodvervoer na Windhoek gebring is, is die oes van 'n hernieude rebelle-offensief midde vandag se afstel van DRK-vredesgeprekke wat in Lusaka sou plaasvind.

• Suider-Afrkaanse politieke eenheid onder die sambreel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) wankel saam met die afstel van die DRK-vredesberaad wat vandag en môre in Lusaka, Zambië, sou plaasvind.

• Air Namibia moet nie die moontlikheid van strategiese buitelandse alliansies met ander lugdienste op streekvlak en op internasionale gebied uitsluit nie.



Dinsdag 15 Desember 1998

• 'n Meevaller van nog sowat N$20 miljoen kan voor Kersdag aan nagenoeg 2 000 Namibiese huisgesinne en voormalige werknemers van die gewese mynreus, TCL, uitbetaal word.

• 'n Ernstige krisis staar gesondheidsdienste midde die vakansieseisoen in die gesig. Tussen 20 en 40 ton wasgoed van hospitale en klinieke regoor die land is besig om in Windhoek op te hoop weens 'n arbeidsdispuut by die wasserydiens van die sentrale hospitaalkompleks.

• Met minder as twee weke oor vir Kersfees-inkope, ondervind die grootste en gewildste kettingwinkelgroepe in Namibië gemengde welslae.



Woensdag 16 Desember 1998

• Die lotgevalle van derduisende voormalige Plan-vegters sal vandag beslis word wanneer die Kabinetsbesluit oor hierdie sektor van die Namibiese gemeenskap bekend gemaak word.

• Swakopmund bars uit sy nate met vakansiegangers van regoor die wêreld wat nou op die kusdorp toesak.

• Namibië moes twee posisies op die ranglys vir buitelandse direkte belegging (BDB) in Afrika afstaan en beklee nou die negende plek vir BDB op die vasteland.



Donderdag 17 Desember 1998

• 'n Hoëvlak-afvaardiging van Namibië onder leiding van pres. Sam Nujoma gaan môre se beraad in Burkina Faso oor vrede in die Demokratiese Republiek van Kongo bywoon midde ernstige terugslae vir die geallieerde bondgenote van pres. Laurent Kabila.

• Die oorgroeide staatsdiens sal binne die volgende jaar nog sowat 9 000 voormalige Plan-lede en vryheidsvegters moet opslurp.

• Die gees van Kersfees word bederf deur die wyse waarop mense hulle aan sterk drank vergryp.



Vrydag 18 Desember 1998

• Daadwerklike stappe gaan volgende jaar geneem word om sigbare vordering met grondhervorming te maak.

• 'n Mini-spitsberaad het gisteroggend tussen die staatshoofde van Namibië, Angola, Zimbabwe en Mosambiek in Luanda plaasgevind oor die Kongolese oorlog voordat die leiers na Burkina Faso vertrek het vir die OAE-beraad oor die DRK.

• Irak het hom gisteraand vir 'n nuwe sarsie lug-aanvalle gereed gemaak weens Amerika en Brittanje se voorneme om pres. Saddam Hoessein te laat boet vir sy houding teenoor VVO-wapeninspeksies in Irak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!