20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 17 Desember 2001

- Amerika is “taamlik seker” dat die nommereen-verdagte in die terreuraanvalle van 11 September, Osama bin Laden, steeds in Afganistan is en hom waarskynlik onder die vasgekeerde Al Kaeda-magte in die Tora Bora-gebergtes in die ooste van die land bevind.

- Die toestand in Zimbabwe is gespanne en ’n kruitvat wat enige tyd kan ontplof.

- Regshulp gaan aan die 128 vermeende Caprivi-afstigtingsrebelle beskikbaar gestel word.

Dinsdag 18 Desember 2001

- Die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, het gister telefonies uit sy kantoor op Swakopmund spekulasie oor sy toekomstige lojaliteit aan Swapo, die party waarvan hy reeds 41 jaar lid is, met ondubbelsinnige steun ’n finale nekslag toegedien.

- Osama bin Laden, die mees gesoekte man ter wêreld, se opsies word by die uur minder.

- Die beskikbaarheid van hengellisensies het die naweek ’n bron van onmin op vakansieplekke in die sentrale kusgebied gebly.

Woensdag 19 Desember 2001

- ’n Verbintenis tot ordelike verandering deur die leierskorps is gister op Swakopmund deur pres. Sam Nujoma as rede voorgehou hoekom die simbole van die vaandeldraers van kolonialisme en die gehate apartheidstelsel nie by onafhanklikwording deur die mense van Namibië verwoes is nie.

- Met minder as twee weke voordat die Namibiese Rooi Kruisvereniging (NRKV) sy dienste in die Osire-vlugtelingkamp, naby Otjiwarongo opskort, is daar steeds nie sekerheid oor wie sekere van die broodnodige barmhartigheidsfunksies gaan oorneem nie.

Donderdag 20 Desember 2001

- ’n Direkte uitvloeisel van die multimiljoen dollar Ramatex-tekstielaanleg in Windhoek is die vestiging van twee lugvragrederye vroeg volgende jaar op Walvisbaai.

- Duinefietse en minderjarige kinders in motors en op ligte vragmotors bly die kwajongens van die vakansieseisoen op die sentrale kusdorpe.

- Die Windhoekse Munisipaliteit sit met verskeie uitdagings, onder meer om na ’n wyse te soek om sy tekorte aan te vul nadat die Sentrale Regering sy gereelde subsidie opgeskort het.

Vrydag 21 Desember 2001

- Die HIGCSE-uitslae van vanjaar vertoon ’n geringe verbetering met net 3,9 persent van die vakke wat kandidate nie suksesvol kon aflê nie.

- Minder as die helfte van vanjaar se graad 10-leerlinge sal aanstaande jaar hul skoolloopbane in graad 11 voortsit.

- ’n Vol Langstrand tussen Swakopmund en Walvisbaai was gister ’n plek van koue water en warm gemoedere by aanskoue van ’n vlaag van vandalisme wat die gewilde oord in die nag getref het.

- Namibiese krieket het nog ’n trap geklim met die bevestiging dat hy aanstaande seisoen in die Suid-Afrikaanse Standard Bank-reeks ingesluit is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!