20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 19 Oktober 1998

• Namibiërs kan nog vandeesweek van 'n rentekoersverlaging hoor.

• Die unieke woestynplant van Namibië, die Welwitschia mirabeles, gaan gebruik word as simbool om die hoofbeginsels van die Zeri-konsep uit te beeld wat daarop gerig is om afval in die wêreld te verminder.

• Die egskeidingsgeding van die Minister van Jeug en Sport is tot vandag in die Windhoekse Hooggeregshof verdaag vir 'n dagvaarding wat aan die vrou bestel is met wie hy 'n verhouding sou hê om getuienis te lewer.



Dinsdag 20 Oktober 1998

• Casspirs en weermaghelikopters is die afgelope naweek ingespan om Capriviane aan te keer wat vermoedelik kennis dra van 'n geheime militêre opleidingsbasis waar die voormalige leier van die DTA, mnr. Mishake Muyongo, glo troepe oplei om die Caprivi te bevry.

• Alle hoop dat verbruikers in Namibië vandeesweek nog 'n blaaskansie ten opsigte van hul swaar rentelas gegun gaan word, is gister die nek ingeslaan.



Woensdag 21 Oktober 1998

• Ná 'n suksesvolle verbintenis van meer as 'n eeu breek nog 'n geskiedkundige mylpaal môre vir Woermann Brock op Swakopmund aan met die amptelike ingebruikneming van die eerste fase van die maatskappy se nuwe inkoopsentrum.

• Hernieude pogings om 'n vreedsame skikking vir die voortslepende oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) te vind, is deur die Suid-Afrikaanse staatshoof, pres. Nelson Mandela van stapel gestuur.

• Lüderitz is sedert gister opnuut die toneel waar 'n seedrama hom afspeel nadat 'n fabriekskip van 191 ton in die vroeë oggendure op die rotse geloop het.



Donderdag 22 Oktober 1998

• Verwagtinge in die Namibiese visbedryf, een van die steunpilare van die nasionale ekonomie en vername verdiener van buitelandse valuta, oor die komende visseisoen loop hoog nadat die Kabinet gister aanbevelinge oor kwotas vir aanstaande jaar bekragtig het wat dui op verdere verhogings in die totale toelaatbare vangste (TAC) vir 1999.

• Onderwyl teenkanting teen die militêre betrokkenheid by die oorlog in die Demokratiese Republiek van die Kongo (die DRK) sowel plaaslik as in Zimbabwe oplaai, word dringende samesprekinge in die Zimbabwiese hoofstad, Harare, gevoer. Dit in 'n poging om die oorlogsdefensief op koers te hou.



Vrydag 23 Oktober 1998

• 'n Dekade van politieke en ekonomiese invloed van die beweerde Mafiabaas, Vito Palazzolo alias Roberto von Palace alias Robert von Palace-Kolbackenko, het binne dae in Namibië ineengestort.

• Die gordyn in die Palazzolo-drama kan finaal in Namibië sak en 'n einde bring aan een van die uitgerekste Amerikaanse en Italiaanse uitleweringsgedinge met behulp van Interpol.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!