20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Maandag 17 Julie 2000

- Die uitlewering van agttien vermeende Caprivi-rebelle deur die Botswana regering en die uitgerekte ondersoek na onder meer klagtes van hoogverraad kan die verhoor van die 129 ander vermeende rebelle wat reeds geruime tyd in die tronk op Grootfontein aangehou word, vir nog maande vertraag.

- Ses Namibiërs word aangehou in verband met die teenpersoneelmynveldtog wat dosyne burgerlikes, veral vroue en kinders, sedert Januarie in Oos-Kavango vermink het en wat aan Unita-rebelle toegeskryf is.

- Een van die reuse van die Namibiese ekonomie, mnr. Harold Pupkewitz, het Vrydag sy 85ste verjaardag gevier.

Dinsdag 18 Julie 2000

- Die toename in die getal jagluiperds in Namibië is ’n aanduiding dat die natuurlike omgewing bevordelik is en ondersteuning aan die wildlewe en die kommersiële boerdery kan verleen.

- Die regering het sedert onafhanklikwording waarborge en lenings ten bedrae van ongeveer N$139 miljoen aan individue, semi-staatsinstellings en private maatskappye verskaf.

- Minstens 25% van die Namibiese bevolking geniet nie die voordeel van skoon en veilige water nie.

Woensdag 19 Julie 2000

- Die verontagsaming van verkeersligte en motor bestuur teen hoë snelhede is aan die toeneem.

- Namibië as lid van die Gesamentlike Mark vir Oos- en Suider-Afrika (Comesa) gaan nie ten volle baat vind by die inwerkingstelling van ’n vryhandelsgebied van Comesa-lidlande op 31 Oktober nie.

- Talle inwoners van minder gegoede woonbuurte in Namibië se groot dorpsgebiede steel voortdurend elektrisiteit deur kragkabels aan straatligte te koppel, en na huise en klein ondernemings span.

Donderdag 20 Julie 2000

- Die Ministerie van Justisie het verlede week onderhoude gevoer met verskeie voornemende landdroste in ’n poging om so spoedig as moontlik die krisis in die laer howe aan te spreek.

- Die Kabinetsaankondiging gister dat die pelserkwota met tienduisend ton verhoog is, is brood in die borde van ’n geskatte tweeduisend werkers in Walvisbaai se visbedryf.

- Die registrasiemerke van voertuie van die Ministerie van Gevangenisse en Korrektiewe Dienste verander van NPS na PS.

Vrydag 21 Julie 2000

- Semi-staatsinstellings se dae van astronomiese salarisse en verbysterende byvoordele kan binnekort getel wees.

- Staatsamptenare gaan deur die bank ’n verhoging van N$83,50 per maand kry pleks van die ooreengekome 2,85% in ’n poging om die reuse-gaping in inkomste tussen laag- en hoogbesoldigdes te krimp.

- Tyd het die voordele van ’n robkwota ingehaal wat in sekere opsigte op selfs meer as ’n verdubbeling van die toegelate oes van verlede jaar te staan kom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!