20 jaar gelede
Maandag 6 November 2000
- Meatco moet binne twee jaar weer die eiendom van die vleisprodusente van Namibië wees. Dit is ’n onderneming wat deur die Minister van Landbou aan die boeregemeenskap gegee is.
- Swapo se sentrale komitee en sy sekretaris-generaal het erg deurgeloop onder kritiek ná beweringe oor “imperialistiese magte” wat glo die stabiliteit van die Suider-Afrikaanse streek bedreig.
- Die lot van kinders wie se ouers weens MIV/vigs gesterf het, gaan eersdaags in ’n omvattende program vir weeskinders in Namibië aangespreek word.
Dinsdag 7 November 2000
- Die verantwoordelike wyse waarop Namibië sy grondkwessie aanpak, is gister op ’n beleggingskonferensie in Johannesburg deur die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, as voorbeeld vir die ander lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) voorgehou.
- ’n Groot verantwoordelikheid rus op die skouers van tradisionele leiers om vrede en stabiliteit in die land te bevorder.
- Malaria het van Januarie tot Augustus vanjaar sy hoogste tol in vyf jaar in Namibië geëis met meer as sewehonderd mense wat daaraan dood is.
Woensdag 8 November 2000
- Die inhegtenisneming van drie Namibiërs in die suide van Angola is die punt van die ysberg van ’n reeks ontsnappings sedert Sondag waarby minstens 19 aangehoudenes in twee gevalle betrokke was.
- Die hoë inflasiekoers, swak vertoning van die ekonomie en ’n onverwags lae belastinginkomste kan Namibië se begrotingstekort tot meer as 4 persent van die Bruto Binnelandse produk (BBP) opstoot wanneer die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, vandag in die Parlement die bykomende begroting ter tafel lê.
- Die uitslag van Amerika se naelbyt-presidentsverkiesing sal na verwagting vanoggend bekend wees.
Donderdag 9 November 2000
- Die gesigswaarde van die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) vir Namibiërs is nou ’n minimum van N$275 000 per dag terwyl nog N$75 miljoen vanjaar deur die staat betaal is om onder meer ’n vergrote staatsdienskorps van medisyne vir MIV/vigs te voorsien.
- Die bestuurskader van die staatsdiens het die eerste ronde van hul geveg om ’n beter salarispakket verloor teen die vakbonde wat deur amptenare as hul verteenwoordigers erken word.
- Meer as N$800 miljoen gaan in die volgende dertig jaar bestee word om duisende huishoudings, skole, klinieke en nedersettings in kommunale gebiede van Namibië van elektrisiteit te voorsien.
Vrydag 10 November 2000
- ’n Weermaglid is een van drie verdagtes wat gister en Woensdag deur die polisie se eenheid vir ernstige misdade in hegtenis geneem is in verband met die moord op die Oostenrykse plaasboer van Okahandja, mnr. Leo Kober.
- Die strydbyle tussen Namibië-Brouerye (NBL) en die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) oor die beplande bieraanleg ter waarde van N$150 miljoen op Ondangwa is vandeesweek opnuut geslyp to die Sakeraad vir Inheemse Mense (IPBC) tot die stryd toegetree het.
- Tussen 34,5 en 36 persent van die Namibiese arbeidsmag is amptelik werkloos.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie