20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 4 Mei 1998

Cassingadag



Dinsdag 5 Mei 1998

• Meidagvieringe het midde geadverteerde Presidensiële-teenwoordigheid as trekpleister weens 'n gebrek aan openbare belangstelling op Oshakati - die hartland van die vakbondsteun – gesneuwel.

• Twee Filippynse matrose moes die afgelope naweek twee dae van angs, skok en onbeskryflike pyn deurmaak toe hulle tweede- en derdegraadse brandwonde aan hul gesigte en hande aan boord van 'n vragskip opgedoen het en eers sowat vyftig ure later in rowwe see deur 'n reddingsspan van Medrescue bereik kon word.

• Hernieude aanvalle op toeriste in Windhoek het weer gedurende die naweek voorgekom ten spyte van talle inhegtenisnames en verskerpte polisie-optrede by gewilde toeriste-aantreklikhede.



Woensdag 6 Mei 1998

• Die bestuur van Namibiese sokker is in 'n skokaankondiging gister met onmiddellike effek deur 'n tussentydse komitee van nege lede oorgeneem.

• Die kundigheid van die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, op die gebied van openbare administrasie en finansies het vandeesweek in 'n internasionale forum erkenning gekry toe hy eenparig as voorsitter van 'n vergadering van kenners by die Verenigde Volke (VVO) in New York aan­gewys is.

• Verbaasde naguile het Saterdagoggend regop gesit toe 'n vreemde vlieënde voorwerp in die Namibiese lugruim gewaar was. Hoewel die Suid-Afrikaanse Sterrewag reeds aangedui het dat dit moontlik 'n terugkerende satelliet was, sal hulle hul storie moet ken om die skeptiese boere in die Suide te oortuig.



Donderdag 7 Mei 1998

• 'n Rewolusie ten goede gaan op 1 Julie in die vleisbedryf as een van Namibië se drie grootste verdieners van buitelandse valuta intree, wanneer die land Afrika se voorloper gaan word met die toepassing van 'n unieke bemarkingsplan van Plaasegte Vleis (Farm Assured Namibian Meat).

• Watertariewe gaan binne die volgende vyf jaar verdubbel ­wanneer die nuwe watermaat­skappy Namwater sy mikpunt van totale kosteverhaling bereik en die Staat sy subsidiëring van pryse staak.

• Die voortslepende grensgeskil tussen Namibië en Botswana kan binne die volgende paar maande iets van die verlede wees.



Vrydag 8 Mei 1998

• Die Namibiese Afrikaners staan in sy ernstigste krisis sedert die skeuring van die Nasionale Party in 1977. Vermiste geld wat so vroeg as in 1983 vir die bedryf en koördinering van kultuur beskikbaar gestel is en tot 1990 aangevul is, het die mees vooraanstaande Afrikaner-politieke en gemeenskapsleiers aan mekaar se kele.

• Afrikaanse kultuurgeld van miljoene dollars wat deur 'n Kaapstadse prokureur, J.H. Heyns, namens Cultura 2000 in die ­buiteland belê is, het verdwyn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!