20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 1 September 1997

• Prinses Diana, die mees geliefde lid van die Britse koningshuis is Sondag omstreeks 02:00 in 'n motorongeluk in Parys, Frankryk, dood.

• Die sentrale en westelike dele van Namibië het 'n geringe kans om die ergste gevolge van die gevreesde El Nino-verskynsel vry te spring terwyl dit die grootste dele van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingstreek (SADC) in 'n vernietigende droogte gaan dompel.

• Die ekonomie van die Noorde, asook die ekonomie van die land het dié naweek 'n welkome inspuiting ontvang in die vorm van gesamentlike Namibiese en Zimbabwese ondernemings, Lancashire Steel Namibië, wat Saterdag amptelik op Ondangwa geopen is.



Dinsdag 2 September 1997

• Meer as N$2 miljoen per jaar moet nou deur die Tesourie gevind word om huishulpe van ministers en hulle adjunkte te betaal, terwyl die besnoeiing in staatsbesteding besig is om demokratiese instellinge te laat wankel.

• Dit het koerantgeskiedenis, ongeloof en skokreaksie gekos om die erns van vandalisme met leë koerantvoorblaaie onder die Namibiese bevolking se aandag te bring.

• Die droogte en die swakker terugbetalingsvermoë van die kommersiële boere het tot die Agribank se skerp rentekoersverhogings bygedra.



Woensdag 3 September 1997

• Die sewe steelfotograwe wat vermoedelik vir die dood van Prinses Diana van Wallis, die miljoenêr-rolprentmaker mnr. Dodi Al Fayed, en mnr. Henri Paul, die bestuurder van die rampmotor, verantwoordelik gehou sal word, het gister in die hof in Frankryk verskyn.

• Die ministerie van binnelandse sake se veldtog vir die massa-registrasie van geboortes sal Vrydag afgelas word.



Donderdag 4 September 1997

• 'n Dringende interdik is gister in die Hoërhof in Windhoek ten gunste van Meatco toegestaan nadat die derde werkerstaking in twee maande die ­vleisverwerkingskorporasie ontwrig het.

• President Sam Nujoma en Swapo pas dubbele maatstawwe toe waar dit by die aanstelling van tradisionele leiers kom. Dit is die mening van die DTA van Namibië.



Vrydag 5 September 1997

• Namibië sal oor die volgende twee jaar N$155,4 miljoen van Duitsland ontvang vir ontwikkelingsprojekte.

• Die Keetmanshoopse skou het Woensdag geskiedenis gemaak toe meer as 1 400 mense op die eerste dag die skou besoek het.

• Die kantoor van die ministerie van arbeid en mannekragontwikkeling op Rundu het vandeesweek verskillende maatskappye in die Kavango- en Caprivi-streke gewaarsku om nie onwettige immigrante in diens te neem nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!