20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet Pearson
Maandag 18 Desember 2000

- Die eerste verdrinking aan die kus die vakansietyd het Vrydag plaasgevind toe ’n 10-jarige seun van Walvisbaai by Dolfynpark verdrink het.

- Die Sikunda-geding is opnuut in onverwagse omstredenheid gedompel met Regter-president Pio Teek se voorneme om hom aan die opspraakwekkende hofsaak te onttrek.

- ’n Vlugtelingkrisis van ongekende omvang kan in die Kerskous vir Suidelike Afrika wees met Namibië en Zambië wat as gasheerlande die hardste getref sal word.

Dinsdag 19 Desember 2000

- ’n Bedrognet ter waarde van meer as N$1,4 miljoen in die uitbetaling van lewensversekeringspolisse met vals doodsertifikate vir beweerde fiktiewe voormalige weermagamptenare is gister in die Windhoekse landdroshof oopgevlek.

- ’n Unita-moordbende van vermoedelik twaalf lede, wat die afgelope dae in ’n moordvlaag in die Kavango minstens vyf Namibiese burgerlikes tereggestel het, is gistermiddag in ’n opvolg-operasie deur Namibiese veiligheidsmagte doodgeskiet.

- ’n Tweede onskuldige omstander is binne ’n week gewond toe ’n stuk skrapnel Saterdag ’n Windhoekse vrou getref het in ’n voorval waartydens ’n skoot gevuur is ná ’n vuisgeveg in Wernhilpark.

Woensdag 20 Desember 2000

- Een van Namibië se berugste verhoorafwagtendes is agter slot en grendel danksy polisie-oplettendheid na aanleiding van die transitorooftog waarby sowat N$5,3 miljoen betrokke was.

- Die tekort aan plek by skole in Windhoek – die gevolg van die jaarliks toenemende bevolkingsaanwas in die stad – sal aanstaande jaar aansienlik verlig word.

- Die pas voltrekte huwelik van ’n gesiene Windhoekse paartjie het onder Kersfeesversierings in ’n bloedbad ontaard met ’n slottoneel soos in ’n Alfred Hitchcock-fliek waar ’n man tussen die gaste rondgeval het met ’n skêr wat diep in sy voorarm weggesink het.

- Die jaar 2000 was ’n droë sportjaar vir Namibië op internasionale vlak.

Donderdag 21 Desember 2000

- Graad 10-leerlinge het vanjaar die beste gevaar sedert die kursus in 1993 ingestel is met meer kandidate wat geslaag het en in die algemeen beter punte in hul onderskeie vakke behaal het.

- Die bestuurder van ’n spyseniersonderneming en sy vrou is summier afgedank ná ’n bloedige geveg tydens ’n huweliksonthaal op een van die land se uithalergasteplase buite Windhoek.

- Die skuld van byna 2 662 studente aan die Universiteit van Namibië beloop N$5 066 163 na die onlangse invorderingspoging wat deur Unam van stapel gestuur is.

- Sowat 15 Namibiese skole en kleuterskole het onder swendelaars deurgeloop wat gesê het hulle skenk gratis rekenaars aan opvoedkundige instellings’

Vrydag 22 Desember 2000

- Die volle geweld van die land se polisie- en verkeersowerhede word van vandag ingespan om die stygende dodetal met ’n byna onafgebroke feesseisoen tot 2 Januarie op Namibiese paaie te stuit.

- Meer as 6 800 voornemende kiesers kan vandag hul stemme uitbring in die verkiesing van ’n streekraadslid vir Rundu se stedelike kiesafdeling.

- Die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, en die Minister van Buitelandse Sake, mnr. Theo-Ben Gurirab, is deur ’n paneel politieke joernaliste en lesers van Republikein 2000 onderskeidelik as vanjaar se top-presteerders in regeringskringe aangewys.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!