20 Jaar Gelede
Maandag 10 Augustus 1998
• Namibië staan sentraal in die soeke na vrede in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK). Dit volg nadat regeringstroepe en Banyamulenge-soldate (DRK-Tutsi's van Rwandese afkoms) vroeër vandeesmaand in gevegte betrokke geraak het.
• Namibië se behuisingsnood kan binne die volgende aantal jare aansienlik verlig as maatskappye en werkgewers die voorbeeld van 'n onderneming op Lüderitz volg.
• 'n Prokureur van Windhoek, mnr. Chris Gouws, het Saterdagaand 'n kitsmiljoenêr geword by die Wanderers-rugbyklub se gewilde trekking.
Dinsdag 11 Augustus 1998
• Die lot van die werklose Plan-lede wat in verset op Ondangwa en in Windhoek saamgetrek is, sal nie afsonderlik nie, maar saam met die totale werkloosheidsprobleem in Namibië aangespreek word.
• Volstruisboere is dié week onkant betrap toe onverwagse reënbuie en 'n gepaardgaande koue front kuikens op plase in die Mariental-omgewing laat vrek het.
Woensdag 12 Augustus 1998
• 'n Politieke agenda tussen Swapo en die DTA van Namibië rondom die onwettige besetting van staatsplase in die oostelike dele van die land deur hoofsaaklik Herero-sprekende boere is besig om te ontvou.
• Die bemarkingstatus van Namibië se buurlande is die grootste tekortkoming om die bemarkingstatus van Namibië se vleisbedryf onder meer te verhoog.
• 'n Wag belas met die veiligheid van Baie Belangrike Persone het gister in die landdroshof in Windhoek verskyn in verband met beweerde huisbraak met die doel om by adjunk-minister Michaela Hübschle se woning in November verlede jaar diefstal te pleeg.
Donderdag 13 Augustus 1998
• Die moontlikheid dat die President gaan swig voor eise deur honderde betogende voormalige vegters vir persoonlike gesprekke, het gister verder vervaag.
• Die voorbereidings vir die Streekraadsverkiesing verloop volgens plan en die verwagting is dat dit teen die vierde week in November gaan plaasvind.
Vrydag 14 Augustus 1998
• Handel met Angola deur die Oshikango-grenspos het aansienlik afgeneem en honderde sakemanne met ontwikkelingsbeleggings van etlike miljoene by Oshikango is bekommerd oor die situasie.
• Namibië het sy steun toegesê aan 'n konsep toerisme-protokol vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat daarop gemik is om SADC-lidlande as 'n eenheid saam te snoer vir bemarking en bediening in die internasionale toerismemark.
• Verpleegsters van die Katutura Hospitaal gaan vandag na die administrateur van die hospitaal, mnr. Costafo Mwandingi, opmars om 'n versoekskrif aan hom te oorhandig oor die beweerde sloerdery in uitbetalings van agterstallige vergoeding aan personeel van staatshospitale.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie