20 jaar gelede
Maandag 3 Julie 2000
- Mynwerkersdrome van kitsrykdomme deur eise oor laevlak-bestraling by die Rössing-uraanmyn by Arandis het in die niet verdwyn deurdat ’n omvattende studieprogram geen gesondheidsverskille tussen langtermyn-werkers en ’n kontrolegroep uitgewys het nie.
- ’n Windhoekse egpaar wat glo op bisarre wyse ’n roweraanval versin en die een die ander met ’n vuurwapen vermink het om toegang te kry tot ’n versekeringspolis van miljoene dollars het Vrydag op aanklagte van myneed en bedrog in die landdroshof verskyn.
- ’n Nuwe kraglyn gaan van Windhoek na Walvisbaai aangelê word om in die kus se toenemende elektrisiteitsbehoeftes te voorsien.
Dinsdag 4 Julie 2000
- Die Wetsgenootskap van Namibië kan nie langer toesien dat reg en order weens ondoeltreffende polisiëring en die chaos in die laer howe op ’n ramp afstuur nie, en gaan die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, vra om in te gryp.
- Namibië is van gister af ’n tree nader aan ’n ten volle gedereguleerde brandstofbedryf met die Wysigingswet op Petroleumprodukte en Energie en die Regulasies van Petroleumprodukte wat in werking tree.
- ’n Ooreenkoms is tussen die Walvisbaaise munisipaliteit en Grintek Energy Technologies gesluit om afstandbeheerde meters vir voorafbetaling en gevolglik die bestuur van kragverbruik op die kusdorp aan te bring.
Woensdag 5 Julie 2000
- Meer as N$600 000 gaan uit Mariental se noodfonds betaal word aan inwoners wat regstreeks deur die vloedramp geraak is.
- Meer vrae as antwoorde bestaan oor die silikon-aanleg van N$260 miljoen op die plaas Loskop en die aangrensende munisipale gebied van Omaruru met die verdeelde gemeenskap wat op ’n konsep-verslag oor die uitwerking van die swaar nywerheidsaanleg op die omgewing wag.
- Meer as helfte van die staatsamptenare in Windhoek wat vanuit ander dele van die land afkomstig is, ondervind ’n erge tekort aan huisvesting in die stad.
Donderdag 6 Julie 2000
- Vervalste Suid-Afrikaanse banknote is huidiglik in Namibië in omloop en die Polisie se Bedrogtak het die publiek gewaarsku om op die uitkyk te wees vir honderd- en vyftigrandnote wat die afgelope weke veral in Windhoek versprei word,
- Twee Russiese vliegtuie wat nou reeds maande en weke op die lughawe Rooikop by Walvisbaai staan, is betrokke by ’n twis waarin die toekoms van ’n Russiese dienssentrum op Walvisbaai, Volga Atlantic Airlines, aanstaande week beslis sal word.
- Voordat kommunale boere nie hul boerdery-metodes wysig nie, sal hulle nie met kommersiële boere kan meeding nie.
Vrydag 7 Julie 2000
- Die uitvoerende komitee van die NBC se direksie het gistermiddag op ’n nuuskonferensie in Windhoek ontken dat die ingrypende herstrukturering van dié liggaam se topbestuur op die demovering van sommige bestuurslede neerkom.
- Namibië se direkte en indirekte diamantbelange in die oorloggeteisterde Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) het parlementêre prosedures en grondwetlike beginsels gister in die Nasionale Vergadering (NV) tot ’n val gebring.
- Ondersoek word ingestel om vas te stel of lede van die anti-wilddiefstaleenheid in die Kunenestreek betrokke was by ’n voorval waar twee leeus naby Palmwag sonder toestemming geskiet is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie