20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
MAANDAG 21 JULIE 1997

• Oorlogswolke pak met vernietigende gevolge vir oorgrenshandelsinisiatiewe en –bewegings in Namibië se noordelike buurland, Angola, saam.

• Ná 'n jaar waarin die boerderysektor byna voos geslaan is deur die knellende droogte sal die kommersiële boerderysektor vanjaar en volgende jaar jaarliks sowat N$22 miljoen aan belasting spaar nadat die laaste twee paaiemente op die omstrede wetgewing afgeskaf is.



DINSDAG 22 JULIE 1997

• Namibië se toenadering tot die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) is 'n ekonomiese voorspringaksie met groter Suider-Afrikaanse handelsmoondhede soos Suid-Afrika en Zimbabwe wat ook in dié land belangstelling toon.

• Die burgemeester van Walvisbaai, mnr. Manuel de Castro, is vol hoop dat die beplande Gencor sink-raffinadery ter waarde van N$2 500 miljoen sy tuiste op Namibiese bodem sal vind en nie in Suid-Afrika nie.



WOENSDAG 23 JULIE 1997

• 'n Dobbeloorlog gaan in Namibië losbars met twee afsonderlike sake in die Hooggeregshof waarby die vier houers van casino-lisensies almal betrokke gaan wees.

• 'n Besluit van die Agribankraad vandag wat 'n drastiese rentekoersstyging van alle Agribanklenings kan beteken, sal verreikende gevolge vir die reeds voosgeslane landbousektor in sy geheel inhou met onherstelbare ekonomiese gevolge.



DONDERDAG 24 JULIE 1997

• Die moratorium op die uitreiking van dobbel-lisensies in Namibië wat in Desember verlede jaar ingestel is, gaan vir 'n onbepaalde tyd van krag bly ondanks die voltooiing van die werksaamhede van die Damaseb-kommissie van Ondersoek na dobbelary in die land.

• Hoewel Agribank-rentekoerse nie gister verhoog is nie, is dit waarskynlik dat 'n verhoging vóór of op 15 September aangekondig sal word.



VRYDAG 25 JULIE 1997

• Gruwelverhale van verkragting, betasting en intimidasie van aangehoudenes in polisieselle, asook die omkopery van polisielede het gister ná 'n blitsopname deur Die Republikein onder verskeie prokureurs in Windhoek aan die lig gekom.

• Geldgierigheid is besig om die eens magtige kameeldoringwoud naby Rehoboth in 'n woestynland te omskep. Boosdoeners vernietig die bome – waarvan sommige tussen 'n duisend en tweeduisend jaar oud is – en by aanskoue van dié verwoesting kom die gedagte by 'n mens op dat die sondaars nie net oningelig is nie, maar ook onverantwoordelik.



SONDAG 27 JULIE 1997

• Vooruitsigte is blink vir boere en pensioentrekkers met die belastingwysigings wat deur die Vaste Komitee oor Ekonomiese Sake aanbeveel en deur die Nasionale Vergadering aanvaar is. Vir sakelui gaan die metode van aanslag ook verbeter.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!