20 jaar gelede
Maandag 27 Januarie 1997
• Dr. Peter Katjavivi, visekanselier van die Universiteit van Namibië, is verkies tot lid van die uitvoerende komitee van die vereniging van Afrika-universiteite op ’n vergadering wat vroeër die maand in Lusaka, Zambië, gehou is.
• Die Freeman-gesin van Waterberg naby Otjiwarongo, moes Vrydag vir die tweede keer toekyk hoe paramedici om die lewe van een van hul kinders veg, toe hul driejarige seuntjie, Nico, se hart ná ’n mangeloperasie gaan staan het.
Dinsdag 28 Januarie 1997
• Twee jong seuns was die afgelope naweek die slagoffers van swaar reën wat oor die grootste dele van Namibië uitgesak het. Robert Rooi het in die Oanobrivier verdrink. Die soektog na die elfjarige Ricardo Umub wat vermoedelik in die Omarururivier verdrink het, duur voort.
• Die taakmag van die Namibiese polisie op Walvisbaai is Sondag op Karibib ontplooi nadat gemoedere hoog geloop het ná die dood van ’n vrou by ’n vulstasie op die dorp.
Woensdag 29 Januarie 1997
• Die uitvoer van Namibiese vleis na Noorweë wat in Augustus verlede jaar weens salmonella-besmetting opgeskort is, sal moontlik teen Maart opgehef word en weer ’n aansienlike ekonomiese inspuiting vir Namibië verseker.
• Die N$36 miljoen wat die Suid-Afrikaanse regering vóór onafhanklikwording aan die Namibiese regering betaal het as vergoeding aan voormalige lede van die Gebiedsmag (SWAGM), kom dié naweek vir die soveelste keer ter sprake wanneer die oud-bosvegters in Katutura saamtrek.
Donderdag 30 Januarie 1997
• Die multi-miljoen dollar volstruisprojek buite Keetmanshoop sal eersdaags ’n werklikheid word. Die nodige kontrakte sal binnekort deur alle betrokke partye onderteken word wat Ostrich Production Namibia in die Karas-streek van stapel sal stuur.
• Die Poststraat-wandellaan-parkeergebied sal van Maandag gesluit wees as gevolg van konstruksiewerk waarmee begin word om ’n parkeergarage van N$11 miljoen vir 380 voertuie te bou.
Vrydag 31 Januarie 1997
• Volgehoue stygings die afgelope vier jaar, waaronder produksie-, vervoer- en materiaalkoste, het Die Republikein genoodsaak om die prys van sy koerant vanaf Maandag met 50 sent tot N$2,00 te verhoog.
• ’n Tweede en afsonderlike korrupsiebom met ernstige politieke en nasionale verleentheidspotensiaal, jaag uit Duitsland en Nigerië teen die nasionale lugredery, Air Namibia, aan.
Sondag 2 Februarie 1997
• TransNamib vier op 1 Julie die honderdste bestaansjaar van staatspoorweë in Namibië.
• Ná 39 jaar in die staatsdiens, het die eerste voorsitter van die Namibiese Staatdienskommissie, mnr. Willem Britz, einde verlede jaar die tuig neergelê. Hy is vol vertroue dat dié staatsdiens een van die doeltreffendste in Afrika kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie