20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 27 Augustus 2001

• Heldedag



Dinsdag 28 Augustus 2001

• Diepliggende verskille oor nasionale eenheid en kompensasie is die gekruiste seine wat afsonderlike Heldedagvieringe die afgelope langnaweek deur die Namibiese gemeenskap gestuur het.

• Twee van Namibië se bekendste berglandskappe, die Kaiser Wilhelmberg naby Windhoek en die Erongoberge, het die naweek onder vernietigende veldbrande deurgeloop.

• Vermom as 'n vlieënier van 'n Suid-Afrikaanse lugredery het 'n Angolese vlugteling deur die doeanepunt van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geglip en homself op die vliegtuig na Frankfurt versteek.



Woensdag 29 Augustus 2001

• Die lid van die Polisie se Spesiale Veldmag wat van die moord op 'n staatsgeneesheer net ná die Caprivi-onluste twee jaar gelede beskuldig word, beweer hy het regmatig opgetree.

• 'n Gru-moord op 'n voorbeeldige 15-jarige skoolseun van Walvisbaai, Johannes Natangwe Shikoyehi, kan die werk van 'n bekende siek seksperverte op die hawedorp wees.

• Sou die geleentheid vir Namibië opduik om as bemiddelaar op te tree en 'n versoeningsrol tussen uiteenlopende standpunte op die VVO die rassismekonferensie in Durban te speel, sal dit ernstig oorweeg word.

• Namibiese huishoudings in tot die kleinste nedersetting in die land is vandag midde-in goeie wedersydse samewerking in die nasionale bevolkings- en behuisingsensus begin tel.



Donderdag 30 Augustus 2001

• Skokgolwe skiet deur die gemeenskap van Otavi nadat 'n bekende boer in die omgewing gisteroggend koelbloedig op sy plaas vermoor is.

• Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) het 'n verskoning oor gebeure by die Olimpiese Spele in Sydney as reddingsgordel vir die land se deelname aan die komende Statebondspele uitgegooi.

• Die Namibiese afvaardiging na die VVO se konferensie oor rassisme, rassediskriminasie, vreemdelingehaat en verwante onverdraagsaamheid wat môre begin, het gister na Durban vertrek.

• Die onttrekking van Namibiese troepe aan die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) is op koers en behoort môre afgehandel te wees.



Vrydag 31 Augustus 2001

• Die bal is die afgelope dae op die hoogste regeringsvlakke aan die rol om die dienskontrak van die besturende direkteur van Air Namibia, dr. Jaafar bin Ahmad, en lede van sy binnekringbestuurspan te beëindig.

• Daar is nie 'n prima facie-saak teen die Spesiale Veldmag-lid wat dr. Lukas Siecky Ilonga twee jaar gelede op Katima Mulilo doodgeskiet het nie, het regter Elton Hoff gister bevind.

• Betekenisvolle vordering is die afgelope jaar in Namibië op die gebied van maatskaplike ontwikkeling gemaak.

• Een van die kwessies wat 'n warm debat kan uitlok op die VVO-wêreldkonferensie wat gister in dié Suid-Afrikaanse ooskusstad begin het, is die kastestelsel in Suid-Asië.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!