20 JAAR GELEDE
MAANDAG 24 MAART 1997:
• Namibië het die naweek sy volle en onvoorwaardelike steun toegesê vir die jongste internasionale vredesinisiatiewe vir Zaïre en hernieude pogings tot blywende vrede in Angola deur die sekretaris-generaal van die Verenigde Volke-Organisasie (VVO), mnr, Kofi Annan.
• Tering veroorsaak weekliks sowat 60 000 sterftes – meer as die gesamentlike tol van vigs, en malaria en ander tropiese siektes.
• Die Ai-Ais-ontspanningsoord op die oewers van die Visrivier is weer oop vir toeriste nadat dié rivier verlede week teen 'n stroomsterkte wat in 1984 laas ondervind is deur laagliggende dele van die kamp gebars het.
• Prinses Diana het verlede week skugter op die stoep van Genadendal, mnr. Nelson Mandela se ampswoning, uitgestap met pres. Nelson Mandela 'n paar tree agter haar.
DINSDAG 25 MAART 1997:
• Rössing, die enigste produsent van uraanoksied in Namibië, het bevestig dat hy sowat 8 500 ton swael by die Suid-Afrikaanse regering gekoop het, maar die versekering gegee dat hy nie met die oorplasing daarvan uit Somerset-Wes na Arandis sal begin voordat alle veiligheidsaspekte deeglik ondersoek is nie.
• Namibië word toenemend onder druk geplaas om internasionale ooreenkomste oor die verbieding en gebruik van teenpersoneellandmyne te onderteken en te eerbiedig.
• Weersprekende berigte uit die Windhoekse Sentraal-Gevangenis was gister die enigste aanduiding van wat agter die hoë mure van die tronk aangaan deurdat besoekers nie eens toegelaat is om verhoorafwagtende aangehoudenes te besoek nie.
WOENSDAG 26 MAART 1997:
• Charex International, die multimiljoen Namibiese dollar houtskoolfabriek op Tsumeb wat in sy tweede bestaansjaar in ernstige finansiële probleme beland het, behoort binnekort met nog sowat N$18 miljoen opgegradeer te word en in produksie te kom.
• Die Namibiese Mineraalkorporasie (Namco) het aangekondig dat dié maatskappy se aflandige diamantontginningsprojek 'n reuse sukses is en dat voorbereidings aan die gang is om voltyds daarmee voort te gaan.
DONDERDAG 27 MAART 1997:
• Skerp stygings in persoonlike, maatskappy-, brandstof- en koopbelasting gaan Namibiërs binne die volgende twee jaar tref weens die Suid-Afrikaanse begroting waarin voorsiening gemaak word vir drastiese verlagings, waardevasgestelde doeane en aksynsheffings.
• Namibë sal nie huiwer om landmyne selfs op sy eie grondgebied te plant as dit in 'n oorlogsituasie nodig sou wees nie, het die Minister van Verdediging, mnr. Philemon Malima, Donderdag by die Parlement aan Die Republikein gesê.
• Sossusvlei, in die stadium die oord wat die drukste in die land besoek word, bars uit sy nate.
•Drie van die Afrikane wat in die Turkse Bayrampasa-Gevangenis aangehou word, is dood.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie