20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 6 Oktober 1997

• 'n Bloedbad dreig as die polisie of die Nasionale Intelligensiediens sou probeer om die legendariese Planvegter van ouds, Johannes Mië Gaomab, te arresteer op gefabriseerde klagte van bedrog en hoogverraad.

• Die eerste minister, mnr. Hage Geingob, kon nie Vrydag daarin slaag om die termyn van die huidige verkiesingskommissie tot die einde van die jaar te verleng nie.

• Die Namibiese elektrisiteitsnetwerk het bykans sy volle kapasiteit van voorsiening bereik en weens stelselbeperkings sal NamPower in die afwesigheid van die uitbreiding van 'n transmissienetwerk nie bykomende krag van Suid-Afrika kan invoer nie.



Dinsdag 7 Oktober 1997

• Een van die grootste brande aan 'n gebou wat Namibië nog gesien het, het Sondagnag die restaurantkompleks by die Okaukuejo-ruskamp in die Etosha Nasionale Park in puin gelê.

• 'n Lasbrief is deur die Windhoekse landdroshof uitgereik vir die inhegtenisneming van 'n bekende versekeringsmakelaar, mnr. Jool Jacobs, wat in verband met beweerde bedrog van honderde duisende dollars in Namibië gesoek word.

• Net sowat ses persent van die 391 aansoekers om vis- en robkonsessies kan hoop om in die komende drie maande op 'n groslys te wees wat aan die Minister van Seevissery en die Kabinet voorgelê sal word vir besluitneming.



Woensdag 8 Oktober 1997

• Elke moontlike leidraad word deur die Namibiese polisie en beamptes van die brandweerdiens ondersoek om vas te stel wat die oorsake van die verwoestende brand was wat Sondag die restaurantkompleks by die Okaukuejo-ruskamp in die Etosha-wildtuin in puin gelê het. Sabotasie word nie uitgesluit nie.

• Die verkiesingsdatum vir plaaslike owerhede is gister midde onsekerheid oor die termyn vir die Verkiesingskommissie afgekondig. Namibiërs sal op 2 Desember stembus toe gaan om lede vir 45 plaaslike owerhede te kies.



Donderdag 9 Oktober 1997

• Terwyl hewige gevegte om en in die hoofstad van Kongo-Brazzaville woed, hang 'n vraagteken oor die “private besoek” van president Pascal Lissouba aan Namibië.

• Die volgende salvo in die bieroorlog is gisteraand gevuur toe die Namibië-brouerye sy nuwe teruggeebare buksiebottel-formaat aan honderde gaste in Windhoek bekend gestel het.

• 'n Voortvlugtige en reeds veroordeelde diamantsmokkelaar van Windhoek, mnr. Gordon Brown, het Dinsdag voor 'n Suid-Afrikaanse kommissie verskyn.



Vrydag 10 Oktober 1997

• Die weg is gister in die Nasionale Vergadering gebaan om aborsies in Namibië te wettig toe die Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, dr. Libertine Amathila, gesê het ongebore babas het nie aansprake nie.

• Die voortslepende geskil oor die eienaarskap van Meatco het neutrale terrein bereik. Optimiste sê as die finale gesprekke slaag, sal die dispuut binnekort iets van die verlede wees.

Kommentaar

Republikein 2025-01-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 30° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 21° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 16° | 19° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 14° | 29° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 29° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 16° | 29° Maseru: 13° | 30° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 21° | 29° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!