20 jaar gelede
Maandag 9 Oktober 2000
- Des Erasmus van Erongo 2000 is langs die Wildekus aangewys as die Joernalis van die Jaar in Sanlam se jaarlikse Gemeenskapsperstoekenning, terwyl Republikein 2000 se fotograaf Tanja Bause, die eerste prys vir die beste nuusfoto ontvang het.
- Hoewel die Windhoek-skou die afgelope week meer besoekers as verlede jaar ontvang het, lyk dit asof die gewilde mikpunt van 100 000 besoekers die skou vanjaar weer eens ontwyk het.
- Windhoek is vir vandag as vesting gekies waar staatshoofde betrokke by die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) gaan probeer om momentum aan die vredesproses te gee wat vir die afgelope twee maande tot stilstand geruk is.
Dinsdag 10 Oktober 2000
- Windhoek is vir die volgende twee dae die middelpunt van belangstelling vir ’n uitgelese groep internasionale beleggers wat veral deur Suider-Afrika se relatiewe stabiliteit en die streek se aflandige energiebronne nader gewink word.
- Internasionale inisiatiewe en oproepe om vrede in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) is gister uit Windhoek met dreigemente van verskerpte militêre optrede teen Ugandees-gesteunde rebelle beantwoord.
- Air Namibia en British Airways Comair het Vrydag ’n samewerkingsooreenkoms onderteken wat die bestaande dienslewering van die twee lugrederye verder sal uitbrei en verbeter.
Woensdag 11 Oktober 2000
- Die toestand in Sentraal-Afrika is niks anders as ’n gemors nie en alle huidige inisiatiewe om vrede in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) te bewerkstellig, skiet tekort aan politieke wil by Afrikaleiers wat by die konflik betrokke is of ’n invloed kan uitoefen.
- Eenvormige standaarde vir die toerismesektor in Suidelike Afrika is op die spitsberaad vir Handel en Belegging deur mnr. Philemon Malima, Minister van Omgewingsake en Toerisme, bepleit.
- Uitspraak is voorbehou in ’n appèlsaak in die Hooggeregshof in Windhoek oor ’n aansoek om permanente verblyfreg deur ’n lesbiese buitelander.
Donderdag 12 Oktober 2000
- Nouer betrekkinge tussen Namibië en China is voor die deur met Chinese afvaardigings wat die land eersdaags besoek om ondersoek in te stel na beleggingsgeleenthede in die land.
- Parlementêre debatvoering as hoeksteen van die demokrasie het gister geval voor ’n laer van Swapo-beskerming teen ’n politieke verleentheid vir ’n senior minister, mnr. Jerry Ekandjo, weens verskeie omstrede uitsprake rondom die onafhanklikheid van die regbank en homoseksuele regte.
- Die waarde van Namibië se visproduksie het in die eerste nege jaar ná onafhanklikwording van N$500 miljoen tot N$2,5 miljard in 1999 gestyg.
Vrydag 13 Oktober 2000
- Die eerste reën oor die noordelike en sentrale dele van Namibië het derduisende hektaar weidingskade in twaalf brande en paniek in Windhoek se mees gegoede woonbuurt, Ludwigsdorf, tot gevolg gehad.
- Afrikaans is uitgesluit by die aanvanklike groep inheemse tale waarin die NBC se laatnag-nuusbulletin op televisie aangebied word.
- Lede van die Health and Racquet Club (H&RC) in Windhoek sal nie deur die likwidasie van LeisureNet, die Suid-Afrikaanse eienaars van dié gimnasium, geraak word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie