20 jaar gelede
Maandag 30 Oktober 2000
- Kommersiële boere kan regmaak vir ’n belastingskok wanneer die tweede wysigingswetsontwerp op landbou-grondhervorming deur die Parlement aanvaar word.
- Die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) is weens verdeeldheid en onderlinge struwelinge ’n gevoelige slag toegedien toe sy sekretaris-generaal, mnr. Ranga Haikali, die naweek besluit het om sy bande met die vakbond summier te breek.
- Visvangregte moet aan maatskappye toegeken word wat die werk kan doen. Regte hoort nie by enkelinge wat in hul slaapkamers op duisende dollars wag en dan van die toneel verdwyn nie.
Dinsdag 31 Oktober 2000
- Partypolitieke verbintenisse met Swapo is voortaan ’n vereiste vir die aanstelling van Namibiërs in strategiese posisies in die staatsdiens en semi-staatsinstellings.
- Die nasionale lugredery, Air Namibia, het nog ’n mylpaal bereik met die bekendstelling van sy tweede Duitse roete van Windhoek na München.
- Die stadsraad van Windhoek het kommer uitgespreek oor die toenemende aantal wagte wat motors, veral in munisipale parkeerareas, oppas.
Woensdag 1 November 2000
- Die geveg is aan tussen die bestuurskader van die Namibiese staatsdiens en die vakbonde wat deur staatsamptenare as hul verteenwoordigers erken word.
- Die bewering dat die Kabila-regering ’n diamantmyn aan die Namibiese Regering geskenk het as vergoeding vir steun in die voortslepende oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK), is opnuut op die voorgrond gedwing deur ’n versoek dat dié sensitiewe aangeleentheid op hoogste vlak ondersoek word.
- ’n Fonds om behoeftige studente by te staan in die finansiering van tersiêre studie kan eersdaags ’n werklikheid wees as die wetsontwerp vir die stigting van ’n bystandsfonds vir Namibiese studente bekragtig word.
Donderdag 2 November 2000
- Goeie nuus vir voornemende huiseienaars en grondkopers is dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) nie op dié transaksies gehef sal word nie.
- Byna drieduisend studente aan die Universiteit van Namibië (Unam) gaan weens uitstaande skuld waarskynlik nie hul eindeksamen aflê nie. Onvereffende studiegeld beloop N$7 miljoen.
- Die Walvisbaaise stadsraad oorweeg ’n nuwe pad oos van die duine tussen Swakopmund en Walvisbaai om die bestaande kusweg as ’n toeristepad af te sonder.
Vrydag 3 November 2000
- Die manskappe is gister in gereedheid gebring vir ’n veldtog van ongekende proporsies tussen Namibië-Brouerye (NBL) en sy Suid-Afrikaanse mededinger met ’n sterk bewoorde verklaring deur die plaaslike biermaker oor die “sluier waaronder die onlangs gestigte Fast Pack” aansoek om ’n brouerslisensie in Namibië gedoen het.
- Homoseksueles word nie kragtens die Namibiese Grondwet beskerm nie en geniet nie vryheid teen diskriminasie ingevolge die handves van fundamentele regte nie.
- Oplossings vir die Namibiese grondvraagstuk gaan aanstaande week op internasionale vlak gesoek word wanneer die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, na Duitsland vertrek vir samesprekinge met dié land se regering.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie