20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 12 Februarie 2001

- Regsgeskiedenis is Vrydag gemaak deurdat die Minister van Binnelandse Sake, mnr. Jerry Ekandjo, die eerste kabinetslid geword het wat in ’n Namibiese hof skuldig bevind is.

- Samewerking en die bevordering van vrede in Suider-Afrika het die naweek op ’n mini-beraad tussen die staatshoofde van Namibië, Angola en Zambië sterk op die voorgrond getree.

- Hernieude verbintenisse tot die Grondwet en bestaande wetgewing om grondhervorming in die land uit te voer, is deur die nuwe Minister van Grond, Hervestiging en Rehabilitasie, mnr. Hifikepunye Pohamba, gedoen.

Dinsdag 13 Februarie 2001

- Swaar donderstorms het die naweek oor groot dele van die voormalige Owambo uitgesak en buie van tussen 90 en 100 mm by Ongwediva het gesorg dat verskeie oshonas gister vol geloop het.

- Die spitsberaad oor vrede in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) wat vir vandag in Lusaka belê was, is op die nippertjie uitgestel.

- Die Regering het gehoor gegee aan pleidooie deur Namibiese ouers om hul saak te stel teen dele van die nuwe wetsontwerp op onderwys wat hulle vrees die opvoeding van hul kinders kan ondermyn.

Woensdag 14 Februarie 2001

- ’n Trustfonds wat aan die kinders van plaaswerkers geleenthede sal bied om skole by te woon en self in goeie boere te ontwikkel, is gister op Omaruru deur die Goewerneur van die Erongostreek, mnr. Sam Nuuyoma, bepleit.

- Nog reën is vir die meeste dele van Namibië op pad, nadat deurdringende neerslae van tot 100 mm van Ondangwa in die Noorde tot Doringpan in die suidweste van die land die afgelope 24 uur aangeteken is.

- Karibib se armes in opstand. Die stadsraad van Karibib het tot Dinsdag grasie om te antwoord op die 25 stellinge deur die beswaarde gemeenskap van Usab.

Donderdag 15 Februarie 2001

- Konflik tussen mense en wilde diere het die naweek in tradisionele kommunale gebiede van Oshana en Caprivi in afsonderlike voorvalle meegebring dat ’n leeu en olifant doodgeskiet is.

- Namibië eis dat ’n VVO-verslag waarin Namibië bestempel word as ’n potensiële medepligtige in die handel van ”bloed-diamante” teruggetrek word.

- ’n Onafhanklike ondersoek is onderweg na die wenslikheid van die beoogde verskuiwing van die Osire-vlugtelingkamp na die gebied wat voorheen as Boesmanland bekend gestaan het.

Vrydag 16 Februarie 2001

- ’n Vloedwaarskuwingspan is na die opvanggebied van die Hardapdam gestuur om die situasie te monitor ná goeie neerslae vandeesweek, en reënkanse in die omgewing weer van die naweek en vroeg volgende week verbeter.

- Vrede in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) en die onttrekking van Namibiese soldate het gister uit Lusaka nuwe hoop gekry met ’n aankondiging dat die eerste VVO-troepe op 26 Februarie ontplooi sal word.

- Konsternasie het gisteraand in Windhoek uitgebreek toe dié ligte vliegtuig met ’n 97-jarige pasiënt aan boord tydens landing op die lughawe Eros probleme met die landingswiele ondervind het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!