20 jaar gelede
Maandag 24 September 2001
- Terwyl die wêreld asem ophou vir Amerikaanse vergelding midde die grootste geheimhouding, hou Suider-Afrika waarskynlik van die belangrikste leidrade na die skuldiges van die grootste terreuraanslag wat die mensdom nog aanskou het.
- Die snoeiskêr lê teen die lote van die Hengelwet wat maar vanjaar op 1 Augustus ingestel is.
- Die Afgaanse opposisie-alliansie het gister laat op verskeie oorwinnings in sy stryd teen die Taliban-regering aanspraak gemaak, terwyl hy sy bereidwilligheid aangedui het om saam met Amerika aan ’n offensief deel te neem.
Dinsdag 25 September 2001
- Die doeltreffendheid van die Weermag en landsadministrasie ten einde beleggersvertroue in Namibië te anker, word vandag deur twee afsonderlike wetsontwerpe in die Nasionale Vergadering (NV) bespreek.
- Nog wysigings aan die Namibiese grondwet sal na verwagting op die huidige sitting van die Parlement ingedien word om die desentralisasieproses van die Regering vlot te laat verloop.
Woensdag 26 September 2001
- Namibië se betrokkenheid in die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) en drastiese ongemagtigde uitgawes deur die Ministerie van Finansies het meer as vyftig persent van die regering se oorbesteding van meer as N$158 miljoen in 1998/99 verteenwoordig.
- Tronkstraf van tot 25 jaar, ’n boete van tot N$500 000 of beide as gesamentlike straf het gister in die Nasionale Vergadering (NV) die Regering se verbintenis tot ’n etiese en skoon landsadministrasie ingelui.
- Knap hanteerwerk deur twee van Air Namibia se vlieëniers het gisteroggend ’n moontlike katastrofe tydens die vlug na Kaapstad via Walvisbaai voorkom, nadat twee sekretarisvoëls kort voor die vliegtuig die grond moes verlaat, voor die vliegtuig ingevlieg het.
Donderdag 27 September 2001
- Duisende woedende Afgane het gister die enkele oorblywende simbool van Amerika in Kaboel bestorm en die verlate Amerikaanse ambassade in die stad aan die brand gesteek uit protes teen Amerikaanse vergeldingsdreigemente vir die terroriste-aanvalle op New York en Washington.
- Die Kavango is in die spervuur van ’n hernude Unita-aanslag wat landswyd in Angola van stapel gestuur is en terreur is vandeesweek ook tot op die drumpel van die Angolese hoofstad Luanda gevoer.
Vrydag 28 September 2001
- Bo-gemiddelde reënval word vir die Oktober tot Desemberseisoen oor die noordelike dele van die land verwag.
- NamPower se beplande uitbreiding van sy elektrifiseringsplan ter waarde van N$50 miljoen in die Mieliedriehoek, is die eerste uitvloeisel van die multi-miljoen Ramatex-tekstielfabriek wat in Windhoek opgerig gaan word.
- Die Duitse minister van buitelandse sake, mnr. Joschka Fischer, is die eerste respondent in ’n siviele saak waarin US$2 miljard deur die Hererovolk se reparasie-korporasie in ’n federale hof in Washington D.C. geëis word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie