20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 5 April 1999

• Paasmaandag (geen koerant)



Dinsdag 6 April 1999

• Byna 10 jaar ná onafhanklikwording word Swapo deur die Congress of Democrats (COD) voor sy grootste toets gestel om met die volle waarheid vorendag te kom oor die mislukte Plan-inval van 1 April 1989 waar ongeveer 200 van die 300 Swapo-soldate omgekom het.

• Namibië, Botswana en Zimbabwe ondervind probleme om die waarde van hul ivoor te bepaal voordat honderde olifanttande in April aan Japanse kopers verkoop gaan word.

• 'n Rolprent wat vervaardig is om by die Namibiese uitstalling by Expo '98 in Portugal vertoon te word, A Namibian Genesis, het vandeesweek sy vyfde internasionale toekenning ontvang.



Woensdag 7 April 1999

• Konflik dreig op Rehoboth nadat Namwater die watertoevoer na die dorp sedert die Paasnaweek met die helfte verminder het.

• Namibië was nie deel van 'n ooreenkoms met Botswana om in 'n verrassende stap politieke asiel aan 1 116 Caprivi-vlugtelinge te gee nie en is gister self deur die aankondiging deur die kantoor van die president van Botswana verbaas.

• Die moord op 'n Duitse toeris die afgelope naweek by die Spitzkoppe kan daartoe lei dat Namibië 'n minder aanloklike bestemming vir veral Duitse besoekers word.

• Namibiërs kry vandag 'n onverwagte meevaller midde 'n knellende ekonomie wanneer die hoofbegroting van die 1999/2000 finansiële jaar deur die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, vanmiddag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word.



Donderdag 8 April 1999

• Namibië se oorhoofse begrotingstekort het die afgelope ses jaar aansienlik toegeneem.

• Die uitsetting van nagenoeg 150 gesinne van die Greenwell Matongo-woongebied in Windhoek begin vanoggend weens wanbetaling van gesamentlike agterstallige paaiemente van meer as N$1 miljoen aan National Housing Enterprise (NHE).

• Die sewe stakende rugbyklubs se besware teen die Namibië Rugby-­unie, wat volgens hulle sedert 1990 geen begrip van nasio­nale versoening toon nie, is nou by die Nasionale Sportkommissie, wat as tussenganger in onderhandelinge moet optree.



Vrydag 9 April 1999

• 'n Geskiedkundige oomblik breek vandag in Namibië aan wanneer die wêreld se eerste wettige ivoorveiling van die afgelope tien jaar in Windhoek plaasvind.

• Die hoogtepunt van die Namibiese akademiese jaar, die gradeplegtigheid van die Universiteit van Namibië, dreig om van die land se voorste akademici en instellings van tersiêre onderrig in 'n geloofwaardigheidskrisis te verdeel.

• Namibië se Derrick Langford (16) en Mark Horne (15) het hul land se naam hoog gehou by RSA- nasionale junior swemkampioen­skap in Bloemfontein.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!