20 jaar gelede
Maandag 9 Julie 2001
- Stormskade van honderde duisende dollars in die verre Suide en ongewone winterreënneerslae in die sentrale deel van Namibië was die gevolge van fratsweer die afgelope naweek oor die grootste deel van die land.
- Die verkiesing van ’n nuwe sekretaris-generaal vir die Organisasie vir Eenheid in Afrika (OEA) vandag in die Zambiese hoofstad, Lusaka, is van groot belang vir die toekoms van ’n verenigde Afrika.
- Skok en teleurstelling is deur Oranjerivier Wynkelders op Upington uitgespreek oor wanpraktyke in Namibië om chemikalieë by wyn te voeg wat gevaarlik vir die gesondheid is.
Dinsdag 10 Julie 2001
- Fluisteringe oor ’n dramatiese brandstofprysverhoging môrenag is besig om skokgolwe deur die Namibiese ekonomie te jaag, terwyl die ontwikkelingsektor asem ophou oor ’n verwagting dat die dieselprys onveranderd gelaat sal word.
- Die skade wat ’n stormwind in die Suide minstens drie maatskappye berokken het wat in die Rosh Pinah-omgewing bedrywig is, is gister op sowat N$6 miljoen geskat.
- Beweringe dat die Namibiese Polisie in Junie verlede jaar ’n lid van die Angolese weermag in hegtenis geneem het wat verantwoordelikheid aanvaar het vir die moord op die drie kinders van ’n Franse egpaar op 3 Januarie verlede jaar, is gister ten sterkste ontken.
Woensdag 11 Julie 2001
- Die verkiesing van ’n nuwe sekretaris-generaal vir die OEA Maandagnag in die Zambiese hoofstad, Lusaka, het die kollig laat val op hoe verdeeld Afrika is, en dat die skeiding tussen veral Frans- en Engelsprekende lande en streek groeperinge geensins oorbrug is nie.
- Die regsgeding om die tersydestelling en hersiening van die onderverhuring van ’n konsessie om toere in die gewilde Skedelkus-gebied aan te bied, is gister in die Hoërhof onbepaald uitgestel.
Donderdag 12 Julie 2001
- Die uitstel van ’n verhoging in brandstofpryse met enkele dae in die afwesigheid van die Minister van Myne en Energiesake is die troos vir Namibiërs midde-in ’n kat-en-muis-speletjie oor die derde kwartaallikse aanpassings, wat vandeesweek sou geskied.
- Namibiese krieket het die afgelope dae met sy dramatiese opmars na kwalifikasie vir die Wêreldbekertoernooi van 2003 grootliks teleurstellende vertonings van die nasionale sokker- en rugbyspan vergoed.
Vrydag 13 Julie 2001
- Die Kabinet is gister skerp deur ’n bondgenoot, die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), oor die ondoeltreffende hantering van semi-staatsinstellings, veral Air Namibia, gekritiseer.
- Die tydvlak van kragvoorsiening met Nampower as alleenverskaffer is gister beëindig deurdat dié instelling kragtens die Elektrisiteitswet ’n nuwe sakerigting ingeslaan het.
- Air Namibia se uitverkore Jaafar bin Ahmad-bestuurspan is presies ’n jaar gelede skriftelik gewaarsku oor ’n dreigende katastrofe wat tot die val van die nasionale lugredery sou lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie