20 jaar gelede
Maandag 29 Julie
• Spanning op die Kavango-grens tussen Namibië en Angola wat die naweek tot die soveelste noodlottige skietvoorval sedert onafhanklikwording gelei het, gaan binnekort in Windhoek die hoogste moontlike regeringsaandag geniet. 'n Tienjarige meisie van Kavango is die naweek dood ná sy deur 'n koeël uit 'n Unita-geweer getref is.
• Die twee Tanzaniese wesies wie se ma spoorloos verdwyn het en hul pa in 'n Windhoekse tronk dood is, het verlede week ná meer as 'n jaar se verblyf by 'n Windhoekse gesin na hul vaderland teruggekeer.
Dinsdag 30 Julie
• 'n Doodgewone geveg tussen twee skoolseuns is besig om die Sekondêre Skool Wennie du Plessis op Gobabis se roetine te ontwrig en die gemoedere van ouers aan beide kante van die politieke spektrum op te sweep.
• Die ongewone verhaal van 'n man wat glo dreig om sy kind te vermoor eerder as om die vasgestelde onderhoud te betaal, ontvou binnekort in die Windhoekse landdroskantoor.
Woensdag 31 Julie
• Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie (Nanso) eis die koppe van die skoolhoof en bestuur van die Sekondêre Skool Wennie du Plesssis op Gobabis nadat die skool ná twee jaar weer die middelpunt van rassistiese beweringe geword het.
• Die Michelle McLean-kindertrust is nie 'n “pap-en-wors-trust nie, maar vir kinders met potensiaal” het mnr. Danie Botes, trustdirekteur gesê. Dit volg op aantygings deur kindersorgsentrums wat die trust van leë beloftes beskuldig het.
Donderdag 01 Augustus
• Nanso se inmenging voordat die ondersoek na die bakleiery van twee seuns op die speelgrond van die Sekondêre Skool Wennie du Plessis afgehandel was, was voorbarig en is gister uit verskeie oorde skerp veroordeel.
• Minstens twee atletiekkenners in Amerika glo dat Frankie Fredericks die Olimpiese 200 m-titel gaan wen, ondanks Michael Johnson se bewese vernuf, ontsagwekkende vorm en deeglike motivering.
Vrydag 02 Augustus
• Agra se marathon-speenkalfveiling op Grootfontein en Otjiwarongo het gister en eergister weer die rekordboek laat steier toe 3 333 beeste vir altesame N$3,3 miljoen verkoop is.
• Die installering van 'n waterpomp by die uitgediende Berg Aukasmyn, sowat 12 km noord van Grootfontein, om die waternood in Windhoek te verlig, vorder goed.
Sondag 04 Augustus
• Die Springboklosskakel Joel Stransky, het gister in Bloemfontein al Suid-Afrika se punte aangeteken toe Australië met 25-19 in 'n rugbytoets geklop is. Hy het 'n drie, 'n doelskop en ses strafdoele behaal.
• 'n Jong Duitse vrou het hierdie week ernstige beserings vrygespring toe haar eerste valskermsprong in 'n wag-'n-bietjieboom op die gholfbaan naby die Eros-lughawe geëindig het. Sy moes uit die takke losgesny word en kon feitlik ongedeerd met slegs skrape van die toneel wegstap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie