20 jaar gelede
Maandag 29 Oktober 2001
• Namibië se lands- en sake-administrasie word op 9 November lamgelê met net minder as 100 000 werkers van die Swapo-geaffilieerde vakbondfederasie, NUNW, wat uit solidariteit met Afgaanse burgerlike slagoffers van Amerikaanse weerwraakaanvalle 'n nasionale werkersboikot van stapel laat loop.
• Betrekkinge tussen die Federale Republiek van Duitsland en Namibië is weer versterk deur bilaterale samesprekinge oor ontwikkelingsamewerking verlede week in Windhoek.
Dinsdag 30 Oktober 2001
• 'n Nuwe hoofstuk is vandeesweek vir die geteisterde nasionale lugredery, Air Namibia, ingelui met die nuut aangestelde direksie wat sy visie vir die lugredery môre gaan bekend maak.
• 'n Oënskynlik onstuitbare veldbrand wat reeds meer as 'n maand land in die Omahekestreek woed, het gister desperate boere tot 'n uitroep van hulp aan sowel die private sektor as die Regering gedryf.
Woensdag 31 Oktober 2001
• Aan die vooraand van die afhandeling van 'n presidentskommissie se ondersoek by Air Namibia het stemme uit die Regering, asook finansiële en politieke kringe opgegaan dat dr. Jaafar bin Ahmad verantwoording doen vir van die ernstigste bestuursleemtes by die geknelde lugredery.
• Die hoofkantoor van die nasionale uitsaaikorporasie, die NBC, is gister deur forensiese kundiges gefynkam nadat 'n koevert met 'n antrakswaarskuwing tussen ander koeverte met TV-lisensiehernuwings ontdek is.
• Die Amerikaanse regering en die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) is in Windhoek in gesprek oor burgerlike slagoffers van Amerikaanse weerwraakaanvalle wat die NUNW op 9 November met 'n nasionale werkersboikot gaan veroordeel.
Donderdag 1 November 2001
• 'n Plunderveldtog etlike jare lank van Air Namibia-bates as een van die land se kosbaarste besittings is gisteroggend in sy spore gestuit deur 'n nuwe direksie wat 'n tydvak van dissipline en streng finansiële beheer onder toesig van 'n dinamiese nuwe bestuurspan aangekondig het.
• Die lank verwagte verslag van die kommissie wat ondersoek ingestel het na 'n regeringsbeleidsraamwerk vir ondernemings in staatsbesit het skokfeite oor onder meer wanbalanse in salarisstrukture en die samestelling van direksies aan die lig gebring.
• In 'n eerste vir regspleging in die land het die Namibiese Hooggeregshof gister 44 werknemers van Woermann Brock in Olympia aan minagting van 'n hofbevel skuldig bevind en elk tot 30 dae gevonnis.
Vrydag 2 November 2001
• Die Duitse regering se poging om die Herero-vergoedingseissaak in 'n federale hof in Washington te laat aanhoor het misluk.
• Vandalisme aan en die verwaarlosing van staatshuise is 'n bron van ernstige kommer vir die Ministerie van Werke, Vervoer en Kommunikasie en iets wat die land nouliks kan bekostig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie