20 JAAR GELEDE...
20 JAAR GELEDE...

20 JAAR GELEDE...

Karin Eloff
Maandag 23 Februarie 1998

• Smart het ou Bastertradisies Saterdag op Rehoboth laat herleef met die begrafnis van kaptein Hans Diergaardt in die Hermanus van Wyk-gedenksaal.

• Rehoboth het 'n gelofte herbevestig om Basterland as erfgoed te behou. In die proses sal op die Namibiese weg van die versoeningspolitiek bly beweeg word.

• Die dood het waarskynlik op een en dieselfde dag – 12 Februarie – besoek aan kaptein Hans Diergaardt en die Speaker van sy Volksraad, mnr. Andres Brendell, gebring.



Dinsdag 24 Februarie 1998

• Geskille oor die afbakening van stamgebiede wat reeds uit die dae van Carl Hugo Hahn kom, kan vanjaar in die Streeksraadsverkiesing in Owambo weerklank vind as dit nie in 'n goeie gees in die Oshana-streek bygelê kan word nie.

• Die moord op die voormalige Speaker van die Bastervolksraad, mnr. Andries Brendell, sy vrou Anna, en hul kleinkind, Ruhan, het gister 'n dramatiese wending geneem toe dit aan die lig gekom het dat twee ander mans waarskynlik by die gru-voorval betrokke was.

• 'n Daadwerklike poging van die private sektor om die polisie by te staan in die bekamping van misdaad het gister sy eerste vrugte afgewerp.



Woensdag 25 Februarie 1998

• Stormweer het groot skade op twee plase suid van Bethanie veroorsaak. Ernstige skade is aan die algemene boerdery en plaasinfrastruktuur veroorsaak in 'n omgewing wat reeds etlike jare deur droogte geteister word.

• 'n Protesvergadering van Nantu-lede kan vanoggend dissiplinêre en regstappe teen verskeie Windhoekse skoolhoofde tot gevolg hê.

• Sheya Shipanga se jaar as Mej. Namibië '97 het haar lewe verryk en haar in haar menswees laat groei. Sy het gister in 'n onderhoud gesê sy sal nooit spyt wees dat sy vir die kompetisie ingeskryf het nie.



Donderdag 26 Februarie 1998

• 'n Lid van die Polisie is doodgeskiet en een is gewond in 'n wilde skietgeveg wat aan die buitewyke van Windhoek tussen lede van die mag en Suid-Afrikaanse diamantsmokkelaars – bygestaan deur 'n bekende Namibiër – uitgebreek het.

• Duisende onderwysers het skole in Namibië gister tot stilstand gebring met een van die grootste demonstrasies van werksontevredenheid in die Staatsdiens sedert onafhanklikwording.

• Gewapende rowers het Dinsdag in drie afsonderlike voorvalle in die stad toegeslaan. Twee van die voorvalle het in die Soweto-woonbuurt in Katutura plaasgevind.



Vrydag 27 Februarie 1998

• Klagtes van aanranding en saakbeskadiging is teen twee minderjarige meisies van Windhoek aanhangig gemaak nadat amok glo eers op 'n huispartytjie en daarná by 'n skoolgebou losgebars het.

• Die munisipaliteit van Windhoek het burokratiese rompslomp die stryd aangesê met hul beplande herstrukturering van dié diens­leweraar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!