20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Maandag 17 April 2000

Drie bestuurslede van die John Meinert-handelsdrukkery geleë in die Suidelike nywerheidsgebied in Windhoek, is verlede week op borgtog van N$2 000 elk in die Windhoekse landdroshof vrygelaat.

Die wyse waarop grondhervorming in Namibië aangespreek word, laat nie toe vir wetteloosheid en grondbesetting soos wat nou die geval in Zimbabwe is nie.

Die twintigjarige Mia de Klerk, ’n regsstudent aan die Universiteit van Namibië (Unam), is Vrydagaand tydens ’n glansgeleentheid in Windhoek as Mej. Namibië 2000 gekroon.

Dit is die vierde jaar dat Coca-Cola die Namibiese Laerskole Cravenweekspan borg.

Dinsdag 18 April 2000

Die totale regeringskuld is veel hoër as wat die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, in die nasionale begroting laat blyk het.

Die betrokkenheid van die VVO in die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) is ’n stap in die regte rigting.

’n Hernieude intimidasieveldtog onder leiding van die Spesiale Veldmag is teen die Mafwe-stam in die Caprivi geloods nadat ’n vergadering van die Swapo-gesinde opperhoof in die Kongola-gebied uiteen gejaag is.

Die nuwe nasionale argief- en biblioteek-gebou is amptelik ingehuldig wat voortaan in inligtings- en opvoedkundige behoeftes van die land gaan voorsien.

Woensdag 19 April 2000

Namibië was gister in afsonderlike Suider-Afrikaanse pogings in Windhoek en Kaapstad instrumenteel in die mislukking van inisiatiewe om die Zimbabwiese grondkwessie op die streekagenda te plaas.

Namibië is nie een van die arm lande wie se skuld Duitsland afgeskryf het nie.

Afrika-eenheid in bewaringspogings en die olifantbevolking van die vasteland het as wenners uit die stryd oor ivoorhandel in Suider-Afrika, Kenia en Indië getree.

Die bekende Namibiese atletiekafrigter en sportkonsultant Quinton-Steele Botes het Maandag na Kenia vertrek op uitnodiging van die Internasionale Amateur Atletiek Federasie (IAAF).

Donderdag 20 April 2000

Nog twee Unita-aanvalle het Dinsdagnag in Kavango plaasgevind in ’n ooglopende poging om die veiligheidsmagte se logistieke ondersteuningsnetwerk tot die uiterste te beproef.

Swapo se grootste bondgenoot, die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), het gister kaalvuis onder regeringleiers en geldbase ingeklim met ’n beskuldiging dat die begroting van kortsigtigheid en krisisbestuur spreek.

Die N$91 miljoen wat begroot is vir salarisverhogings vir staatsamptenare het nou die speelbal van Swapo-leiers en die party se grootste bondgenoot, die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), geword.

Die Frank Fredericks Atletiekbyeenkoms vir juniors en seniors sal nog lank onthou word deur die sowat 1 000 toeskouers wat Saterdag in die Onafhanklikheidstadion teenwoordig was om die room van Namibië se atlete in aksie te sien.

Vrydag 21 April 2000 (OPENBARE VAKANSIEDAG)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!