20 jaar gelede
Maandag 5 Junie 2000
- Die uitlewering van krygsgevangenes van die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) kan moontlik binnekort geskied.
- ’n Silikonsmelter met ’n voedingsmyn op die plaas Loskop buite Omaruru gaan die eerste skakel wees in ’n nywerheidsaanleg wat ’n belegging van N$260 miljoen gaan beloop.
- Die beskerming van Namibië se natuurlike hulpbronne is van die uiterste belang indien behoudbare ekonomiese groei in die land behaal wil word.
Dinsdag 6 Junie 2000
- Hernieude belangstelling van internasionale oliemaatskappye kan die sleutel tot die ontsluiting van Namibië se eie bron van olie-rykdom wees.
- Uitsprake deur NUDO-leiers oor die opraping van grond deur grondloses is op die pasafgelope NUDO-kongres verwerp met ’n duidelike boodskap dat grondverdeling binne die raamwerk van die grondwet moet geskied.
- ’n Bufferfonds van N$1,66 miljoen gaan deur die Swakopmundse munisipaliteit opgebou word om onbekostigbare toekomstige verhogings in die waterprys die hoof te bied.
Woensdag 7 Junie 2000
- ’n Grondbom oor druiwe en diamante op die noordoewers van die Oranjerivier wat reeds vir vuurwerke in die Kabinet gesorg het en nou voortsleep met ’n hofgeding, se lont brand al hoe korter.
- Toekomstige ontwikkeling langs die laer Oranjerivier gaan aan ’n gangbaarheidstudie onderwerp word.
- Gesondheidsgevare wat ’n silikonaanleg bestaande uit ’n myn en smelter inhou, het een van die kapstokke geword waaraan ’n deel van die Omaruru-gemeenskap nou hul verset teen dié ontwikkeling hang.
Donderdag 8 Junie 2000
- Die werkloosheidsituasie in Namibië beskik oor die potensiaal om ’n ontploffing in die maatskaplike struktuur van die land te veroorsaak wat verreikende gevolge vir veral die jeug kan inhou.
- ’n Vlam van hoop is die simboliek waarmee ’n nuwe tydvak in die geskiedenis van Namibiese mynbou en arbeidsverhoudinge volgende week ingelui word wanneer die smelteroond van die voormalige TCL-myne op Tsumeb vir die eerste keer sedert 1998 weer sal brand.
- Volgens ’n Kabinetsbesluit sal plaaseienaars vanaf vanjaar jagpermitte moet uitneem vir jagters wat by hulle kom wild skiet.
Vrydag 9 Junie 2000
- Te swaar vir Meatco se skale en 1,74 meter hoog op die skof, het ’n os van Witvlei gistermiddag byna die Afrikarekord vir die swaarste slagos laat spat toe sy lewende gewig uiteindelik as 1 400 kg bevestig is.
- ’n Tweede uraanbron, wat oos van Walvisbaai in die Namib-Naukluftpark aan studies onderwerp word, dui op potensiaal vir ’n myn wat Namibië stewig in sy posisie as een van die wêreld se grootste produseerders van dié mineraal sal hou.
- Gemoedere het gister op Rehoboth hoog geloop to oud-staatsamptenare hulle vir ’n tweede keer in 14 dae in ’n doodloopstraat oor probleme met die oorskakeling na die dorpsraad bevind het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie