20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 25 September 2000

- ’n Stigterslid van die DTA van Namibië – mnr. Dirk Mudge, wat die afgelope 22-jaar ’n leiersrol in die interne staatkundige onderhandelingspolitiek van Namibië, onafhanklikwording en die uiteindelike Grondwet gespeel het – oorweeg stappe teen lede van die huidige DTA-leierskorps.

- Terwyl nog Namibiese huursoldate uit die Angolese weermag dros, word berigte ontvang van gevegte tussen die gesamentlike Namibies-Angolese magte en Unita in die omgewing van Mupupa, sowat 60 km noordoos van Cuangar in Angola.

- Namibië se sportvlam brand hoog met sy wêreldkampioenbokser, Harry Simon, en bergfietsryer Mannie Heymans wat die naweek in twee uithoeke van die planeet geskitter het.

-

Dinsdag 26 September 2000

- Die DTA van Namibië kan nie aanspraak maak op die Democratic Media Trust (DMT), Democratic Media Holdings (DMH) of enige van sy publikasies nie.

- Toekomstige waterpryse aan die kus is onderhewig aan die stand van die Suid-Afrikaanse rand en die spoed waarteen NamWater ’n kontrak vir die lewering van ontsoute water aan verbruikers beklink.

- Namibië speel ’n leiersrol deur die instel van maatreëls om te verhinder dat “bloeddiamante” konflikte in Afrika aanvuur.

-

Woensdag 27 September 2000

- Motiveringseminare waarin deelnemers die kans kry om kaalvoet oor gloeiende kole te loop, ontlok groot belangstelling onder Windhoekers.

- Die Drankwet, wat in Desember in werking tree, gaan duisende Namibiërs in die informele sektor sonder ’n heenkome laat weens die verlies aan inkomste wat nou veral deur enkelma-huishoudings uit die sjebeenkultuur verdien word.

- Wedersydse begrip en samewerking met buurstate is van die uiterste belang ten einde voortgesette watervoorsiening aan Namibië te verseker.

Donderdag 28 September 2000

- ’n Sluier van geheimhouding hang oor die aanhouding van sestig lede van twee voormalige teeninsurgensie-eenhede in Kavango en ’n aanval in Angola waarin Namibiërs beseer is en nog vermis word.

- Die Arbeidshof het gister in Windhoek teen die NBC en in die guns van die bekende televisienuuspersoonlikheid beslis deur ’n tussentydse bevel uit te reik dat me. Nora Appolus in haar pos as kontroleur van nuus en aktuele aangeleenthede by die korporasie teruggeplaas word.

- Die eienaars van die nagenoeg tienduisend sjebeens in Windhoek het die eerste ronde in hul stryd teen ekonomiese ondergang weens die inwerkingstelling van die Drankwet gewen met die munisipaliteit wat die hersonering van hul erwe opgeskort het.

Vrydag 29 September 2000

- Die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) en strawwe mededinging oor een van Afrika se gesogste vragroetes het voorlopig ’n einde gemaak aan ’n deurbraak-ooreenkoms tussen Air Namibia en Uganda Airlines.

- Ingrypende veranderinge in die onderwysbedeling is in die pyplyn nadat die Kabinet vandeesweek beginselgoedkeuring vir die aanvaarding van die Verslag van die Presidensiële Kommissie oor Onderwys, Kultuur en Opleiding verleen het.

- Namibiërs kan uitsien na ’n goeie tot bo-gemiddelde reënseisoen vanjaar en vroeg aanstaande jaar. . . as reënprofete geglo kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!