20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 11 Junie 2001

- Inwoners in die Khomasstreek sal van môre af teen breinvliesontsteking ingeënt word, nadat die lewensgevaarlike siekte in die streek uitgebreek het.

- Alle ratte is geolie vir die beraad van die Organisasie vir Eenheid in Afrika (OEA) aanstaande maand in Lusaka, Zambië.

- ’n Vlak van bestendigheid word met die bekamping van die malaria-epidemie in die noordelike dele van die land bereik maar ’n beroep word nogtans op lede van die publiek gedoen om bloed te skenk ten einde lewens te red.

Dinsdag 12 Junie 2001

- Die veldtog van voorkomende behandeling vir breinvliesontsteking begin vandag by skole en instellings soos tronke en kindersorgsentrums in Windhoek met ’n verwagte 250 000 mense wat die volgende twee weke teen die siekte ingespuit sal word.

- Namibië het nog geen amptelike versoek van Suid-Afrika ontvang om ’n besprekingspunt oor moontlike amnestie aan oud-generaals uit die apartheidsera op die sakelys van die spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in te sluit nie.

- ’n Groep boere is die naweek in ’n hinderlaag in die Aminuis-reservaat gelei toe hulle op ’n anonieme oproep oor veediefaktiwiteite gereageer het.

Woensdag 13 Junie 2001

- Die aangepaste byvoordele van senior staatsamptenare is daarop gemik om die misbruik van staatseiendom te beperk. Daarom is die uitbetaling van voertuig- en behuisingstoelaes aan streng voorwaardes onderhewig.

- Twee vroulike kajuitbemanningslede van Air Namibia kan summier ontslaan word, nadat hulle op ’n internasionale vlug ten aanskoue van passasiers etlike minute lank soos tierwyfies baklei het.

- Die kwesbaarste mense in die Namibiese samelewing kry nie die nodige geleenthede nie.

Donderdag 14 Junie 2001

- Air Namibia se Boeing 747-400 Combi gaan van Augustus elke Dinsdagaand ingespan word vir ’n vlug via Kenia na Frankfurt.

- Buitelandse toeriste en Namibiërs wat nasionale parke en ander besoekersaantreklikhede besoek, gaan binnekort by wyse van ’n heffing tot die bewaring van die land se omgewings- en natuurlike bronne bydra.

- Die raaisel van hoe die voortvlugtige Bakondja Katjiuongua etlike maande lank die vangnet van die polisie ontglip het, het gister in die Windhoekse Landroshof begin ontvou toe twee vermeende medepligtigdes saam met hom op verskeie aanklagte verskyn het.

Vrydag 15 Junie 2001

- Namibiërs moet hul land sien, sê Hage. Namibiërs moet deur prysdifferensiasie in staat gestel word om die wondere van hul eie land te besigtig.

- ’n Toenemende kultuur van gewelddadige vergelding het Woensdagaand onder die Chinese gemeenskap van Windhoek tot uitbarsting gekom en in ’n bloedbad geëindig.

- Die veroordeling van misdaad in Namibië is gister met ’n versoekskrif tot op die trappe van die hoogste geregtelike gesag gedra, deurdat nagenoeg driehonderd taxibestuurders die pad voor die Hooggeregshof met dertig minibussies versper het uit protes teen die vlaag aanrandings en moorde op bestuurders.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!