20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 30 Julie 2001

- ’n Dringende hofinterdik deur afgedankte senior personeellede teen die Air Namibia-direksie is voorlopig afgeweer terwyl openbare kritiek en eise om verantwoording teen die buitelandse hoofbestuurspan van die redery daagliks uit verskeie oorde toeneem.

- Swaardvis is van nuwe heffings vrygestel wat van Woensdag vir die Namibiese visbedryf geld om ’n staanplek vir die rykmanskos op internasionale markte oop te dwing.

- Die hantering van Rehoboth se dorpsake word dalk vandag reeds met onderhandelinge op die spits gedryf nadat geeneen van die drie partye wat aan die munisipale verkiesing deelgeneem het ’n deurslaggewende oorwinning behaal het nie.

Dinsdag 31 Julie 2001

- Die Regering se plan om van môre net die goedkoopste generiese voorskrifmedisyne vir lede van sy mediese fonds toe te laat is tot Oktober uitgestel nadat dit verlede week gemengde reaksie onder dokters, aptekers en staatsamptenare uitgelok het.

- Die Kwandorivier in Caprivi het sy hoogste vlak in twintig jaar bereik.

- Die toekoms van Namibië se Tshikapa-diamantmyn in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) is onseker.

- Die organisasie wat die Kabinet aangewys het om toe te sien dat die tienduisende robkalwers en volwasse robbe wat jaarliks geoes word sonder lyding doodgemaak word, het hom van dié praktyk gedistansieer.

Woensdag 1 Augustus 2001

- Die Air Namibia-bestuurspan onder leiding van dr. Jaafar bin Ahmad moet môre antwoord op voorstelle van agt afgedankte senior bestuurslede om ’n beplande interdik af te weer oor die wyse waarop hulle in die pad gesteek is.

- In sekere opsigte sien Namibië wat menseregte betref daar beter uit as verlede jaar, maar die handhawing van burgerlike en politieke regte het sedertdien verswak.

Donderdag 2 Augustus 2001

- Rössing leef. Die voortbestaan van die wêreld se grootste oopgroef-uraanmyn by Arandis in die Namib-woestyn is gister bevestig met optimisme oor ’n toekoms waarin die ganse mensdom met ’n kragtekort bedreig word.

- Die verhoor van 125 vermeende Caprivi-afstigtingsrebelle het gister midde-in dramatiese verwikkelinge op Grootfontein weens ’n geldtekort, die onttrekking van regsverteenwoordiging en aantygings van mishandeling tot stilstand geruk.

Vrydag 3 Augustus 2001

- Sokker in Namibië is opnuut in ’n chaos gedompel met beweringe dat minstens 18 spelers en bestuurslede van die Brave Warriors in ’n seksskandaal in Madagaskar betrokke was.

- Danksy vordering met die HESS-projek kan Namibië binnekort ’n mekka vir die wêreld se sterrekundiges wees.

- Namibië sal as fasiliteerder van gesprekke tussen Zimbabwe en Brittanje optree om staatkundige en ekonomiese krisisse rondom die buurland se grondkwessie op te los.

- Die Windhoekse munisipaliteit sal klagtes, voorstelle en kommentaar oor die oprigting van buitelug-reklameborde in die stad oorweeg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!