20 jaar gelede
Maandag 26 Junie 2000
- ’n Ondersoek op hoogste vlak het bewys dat Namibië toenemend ’n teiken van grootskaalse sindikaatbedrog word. Etlike miljoene dollars aan staatgeld is betrokke.
- Die moontlikheid van ’n spoedige Namibiese militêre onttrekking uit die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) – selfs so vroeg as later vandeesweek – het gistermiddag in die Zimbabwiese hoofstad, Harare, verdamp.
- Ná ’n insinking van meer as twee jaar in koperuitvoere is die verwagting dat die eerste 500 ton teen einde vandeesweek op Walvisbaai vir uitvoerdoeleindes sal aankom.
- ’n Sindikaat wat gesteelde fone op ’n slinkse wyse vir identiese fone by handelaars omruil, is oopgevlek nadat alarm gemaak is toe voorraadopnames by minstens een winkel dié jongste foefie uitgewys het.
Dinsdag 27 Junie 2000
- Barden International se aanleg waarin die Namibiese regering glo meer as N$150 miljoen belê het, gaan voorlopig sy deure sluit. Altesaam 21 mense het reeds skeidingspakkette ontvang.
- Die striemende aanval deur President Sam Nujoma die naweek op minderhede en veral homoseksuele en lesbiërs, is gister met ’n stortvloed protes uit verskeie oorde begroet.
- Die regering het sedert onafhanklikwording N$548,2 miljoen aan die oprigting van owerheidsgeboue bestee.
- Angola het op die hoogste vlak erken dat die oorlog van die afgelope 25 jaar in Namibië se buurland nie deur die loop van ’n vuurwapen beëindig kan word nie.
Woensdag 28 Junie 2000
- Landbouprodusente van die Hardap-besproeiingskema sê die N$456 724,82 wat die Kabinet verlede week aan hulle as noodleniging bewillig het, kom uit die skemaboere se eie sakke.
- Die wanbalans in die struktuur van grondbesit in Namibië sal op ’n vreedsame, volwasse en beskaafde manier reggestel word.
- ’n Beroep is op die Regering gedoen om ’n nasionale dag teen marteling te verklaar ten einde versoeking te bewerkstellig, en die Namibiese samelewing van haat en wrokke te suiwer.
Donderdag 29 Junie 2000
- Parlementêre prosedures en geskiedkundige ingryping deur die Speaker, dr. Mosé Tjitendero, sal vandag inwonerskommer oor polisiedoeltreffendheid, misdaad en nasionale veiligheid aanspreek.
- ’n Baba van net 820 gram is besig om mediese geskiedenis op Swakopmund en in die Erongo-streek te maak.
- Die Minister van Binnelandse Sake, mnr. Jerry Ekandjo, wat moet toesien dat reg en orde gehandhaaf word, het die week geskiedenis gemaak deur die eerste parlementslid te word wat daarvan beskuldig is dat hy die land se hoogste wetgewende gesag onder ’n valse indruk gebring het.
Vrydag 30 Junie 2000
- ’n Tweede bedrogspul van Nigeriese oorsprong het sy kop die afgelope maand in Namibië uitgesteek. Dié keer word die voormalige Nigeriese president, wyle Sanni Abacha, se naam as deel van die slenter gebruik.
- Die tekort aan voertuie het nou so erg sigbaar geword dat die Namibiese Polisie die afgelope tyd gedwing word om gevaarlike verhoorafwagtendes te voet te begelei vir mediese ondersoeke en ander afsprake.
- Die onwettige besetting van munisipale grond en wanordelike ontwikkeling sal nie geduld word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie